Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Kai Fagerström

Edms. Bpk.

Foto: George Angus Die ou huis waar ons besig is om stuk-stuk in te trek het vir goed vier jaar of langer leeggestaan. Oom Koekies en tannie Joey wat lank daar gebly het, het aftree-oord toe verhuis nadat tannie Joey siek geword het. Na hulle het daar nie weer iemand daar gebly totdat ons gekom het nie. Maar ons misgis ons. Daar was ander inwoners. Vrydagaand met die aankom daar, het ons die bokkie vlugtig in die bakkie se ligte gesien. Saterdagoggend baie vroeg, terwyl ek in die oggendskemer met my koppie koffie voor die venster staan, kom hy in die kampie direk teen die huis ingehardloop, soek vir ‘n tydjie ernstig na ‘n uitgang en glip toe deur die opening in die draad, oor die oop werf die bosse in. Saterdagmiddag, toe ons teen skemer van oupa Frans in die aftree-oord op die werf terugkom, staan hy rustig en wei in die kort grassies voor die ou waenhuisdeur. Ons het die bakkie afgesit en net lank na hom sit en kyk. Dit wil soos ‘n vaalribbok lyk. Of dalk ‘n steenbo...