Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Nuwejaar

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (195)

Mag Jy Foute Maak Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Mama (Lena Younger) to Beneatha: "Child, when do you think is the time to love somebody the most?  When they done good and made things easy for everybody?  Well then, you ain't through learning – because that ain't the time at all.  It's when he's at his lowest and can't believe in hisself 'cause the world done whipped him so!  When you starts measuring somebody, measure him right, child, measure him right.  Make sure you done taken into account what hills and valleys he come through  before he got to wherever he is." From "A Raisin in the Sun" by Lorraine Hansberry         ~ ❖ ~ Musiek Sommer net musiek wat reg voel hier aan die begin van die nuwe jaar. Saam met baie liefde gee ons vandag vir jou hierdie seën: "Ek bid dat [God] deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid  aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,  dat Christus deur die geloof in julle ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (194)

  Vir Die Nuwe Jaar (Vir die oorspronklike foto - dankie aan ons vriend Ben) Terugskouend was dit, te midde van baie ander dinge, Rilke se jaar. Hier by Die Restory het ons oor hom gepraat, hy het dikwels opgeduik in ons nadenke oor iets en hy is by ‘n paar geleenthede ingetrek om diens te doen in die Opening- en Afsluitingsgebede van ons meditasies. Hy praat ons taal. En hopelik, met verloop van tyd, het hy ons stem beïnvloed. Teen daardie agtergrond, en met die bymekaarmaak van stukkies Rilke hier en daar, ons boodskap vir julle hier van Die Restory: Op Die Drumpel Van ‘n Nuwe Jaar (Met dank aan Rainer Maria Rilke) Met die wisseling van die jaar, word ons genooi om nie vorentoe te jaag nie, maar om die vrae ’n bietjie langer te leef. Om te vertrou dat dit wat nog nie klaar is nie, dit wat onduidelik of moeg voel, steeds stilweg binne-in ons aan die werk is. Die nuwe jaar vra nie vir antwoorde nie, slegs vir teenwoordigheid. Vir ’n bereidheid om naby dit wat werklik is te bly - na...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (40)

'n Nuwe Jaar En Die Restory Verhuis Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  'n Baie handige webblad indien jy die Gebed van Examen of Ondersoek op jou belewenisse en ervarings van die afgelope jaar sou wou toepas. In die proses word 2022 'n ryk oes wat my help op my reis die nuwe jaar in.  Die Groot Jaarlikse Examen (Baie dankie Monique Winn wat ons van die webblad vertel het) 'n Paar foto's van Tafelkop, Die Restory se nuwe tuiste. Op hierdie stadium is die digte groen gras vir ons kleindogter, Ariana, die wonderlikste ding van ons nuwe plek. Musiek   Ons weet dat 2023 besondere uitdagings aan ons gaan stel, maar elke keer wanneer ons daar op Tafelkop se werf loop, besef ons dat dit ideaal geskik is vir dit waarvoor ons 9 jaar terug Wakkerstroom toe gekom het. Soos wat Barrowfield dit was, wil ons Tafelkop ook 'n veilige hawe maak waar mense kan rus en fyn na hul eie harte, waar God met hulle praat, kan luister. By 2 000 m bo seespieël, met al daardie groot, ou ...