Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (40)


'n Nuwe Jaar En Die Restory Verhuis







Die Gesprek 




Elemente Uit Die Gesprek 


'n Baie handige webblad indien jy die Gebed van Examen of Ondersoek op jou belewenisse en ervarings van die afgelope jaar sou wou toepas. In die proses word 2022 'n ryk oes wat my help op my reis die nuwe jaar in.

 Die Groot Jaarlikse Examen


(Baie dankie Monique Winn wat ons van die webblad vertel het)



'n Paar foto's van Tafelkop, Die Restory se nuwe tuiste.

Op hierdie stadium is die digte groen gras vir ons kleindogter, Ariana, die wonderlikste ding van ons nuwe plek.













Musiek 

Ons weet dat 2023 besondere uitdagings aan ons gaan stel, maar elke keer wanneer ons daar op Tafelkop se werf loop, besef ons dat dit ideaal geskik is vir dit waarvoor ons 9 jaar terug Wakkerstroom toe gekom het. Soos wat Barrowfield dit was, wil ons Tafelkop ook 'n veilige hawe maak waar mense kan rus en fyn na hul eie harte, waar God met hulle praat, kan luister.

By 2 000 m bo seespieël, met al daardie groot, ou bome, is dit inderdaad "tucked up somewhere in the woods on a hill."


We're all falling and we need a place to hide
A safe place somewhere in the woods we can start the fire
All we know is what would be our home
We will stay 'til the break of dawn
The cold night takes us to a place to escape the chill
Tucked up somewhere in the woods on a hill






Baie dankie vir die saamreis en gesels die afgelope jaar. Ons weet dat dit in die nuwe jaar nie anders gaan wees nie.

Ons bid vir elkeen van julle die seënbede uit Deut 33:13-16 toe:



Mag julle land deur die Here geseën word;
met die beste uit die hemel, met dou
en met die beste uit die water diep onder die grond,
met die beste wat deur die son gegee kan word
en met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
met die beste uit die gryse berge en met die beste uit die ou-ou heuwels
met die beste uit die aarde en wat daarop is
en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos.

Mag julle die genade, liefde en nabyheid van God die Vader, God die Seun en God die HG ervaar.


Baie liefde.


George & Matilda  


Comments

  1. George en Matilda. Baie dankie vir hierdie ongelooflike gebed / blessing vir ons... Dit word 'n mantra vir oggendgebed.... 'n koestering in my hart!. Mag julle hierdie blessing ook oor julself uitspreek vir alles wat in die volgende paar maande (en jare...) by julle gebeur...Mag julle ongelooflike Vrede op julle pad beleef wat julle dra en vashou en stuur. Baie liefde.

    ReplyDelete
  2. George en Matilda, hierdie gesprekke is vir my soos 'n oase. Baie dankie daarvoor. Mag Tafelkop vir julle' n holte vir die voet wees en die Here julle vooruitgaan - elke tree van die pad.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.