The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives.
It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.
Search This Blog
Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (40)
'n Baie handige webblad indien jy die Gebed van Examen of Ondersoek op jou belewenisse en ervarings van die afgelope jaar sou wou toepas. In die proses word 2022 'n ryk oes wat my help op my reis die nuwe jaar in.
(Baie dankie Monique Winn wat ons van die webblad vertel het)
'n Paar foto's van Tafelkop, Die Restory se nuwe tuiste.
Op hierdie stadium is die digte groen gras vir ons kleindogter, Ariana, die wonderlikste ding van ons nuwe plek.
Musiek
Ons weet dat 2023 besondere uitdagings aan ons gaan stel, maar elke keer wanneer ons daar op Tafelkop se werf loop, besef ons dat dit ideaal geskik is vir dit waarvoor ons 9 jaar terug Wakkerstroom toe gekom het. Soos wat Barrowfield dit was, wil ons Tafelkop ook 'n veilige hawe maak waar mense kan rus en fyn na hul eie harte, waar God met hulle praat, kan luister.
By 2 000 m bo seespieël, met al daardie groot, ou bome, is dit inderdaad "tucked up somewhere in the woods on a hill."
We're all falling and we need a place to hide
A safe place somewhere in the woods we can start the fire
All we know is what would be our home
We will stay 'til the break of dawn
The cold night takes us to a place to escape the chill
Tucked up somewhere in the woods on a hill
Baie dankie vir die saamreis en gesels die afgelope jaar. Ons weet dat dit in die nuwe jaar nie anders gaan wees nie.
Ons bid vir elkeen van julle die seënbede uit Deut 33:13-16 toe:
Mag julle land deur die Here geseën word;
met die beste uit die hemel, met dou
en met die beste uit die water diep onder die grond,
met die beste wat deur die son gegee kan word
en met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
met die beste uit die gryse berge en met die beste uit die ou-ou heuwels
met die beste uit die aarde en wat daarop is
en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos.
Mag julle die genade, liefde en nabyheid van God die Vader, God die Seun en God die HG ervaar.
George en Matilda. Baie dankie vir hierdie ongelooflike gebed / blessing vir ons... Dit word 'n mantra vir oggendgebed.... 'n koestering in my hart!. Mag julle hierdie blessing ook oor julself uitspreek vir alles wat in die volgende paar maande (en jare...) by julle gebeur...Mag julle ongelooflike Vrede op julle pad beleef wat julle dra en vashou en stuur. Baie liefde.
George en Matilda, hierdie gesprekke is vir my soos 'n oase. Baie dankie daarvoor. Mag Tafelkop vir julle' n holte vir die voet wees en die Here julle vooruitgaan - elke tree van die pad.
Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte, Hy laat die aarde hang waar niks is nie. Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie. Hy plaas die horison op die see, 'n grens tussen lig en donker. Dit is maar die begin van sy dade, ons hoor net die gefluister van sy woorde. Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” Job 26:7-8, 10, 14 AFR83 Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...
Wat Die Mistici Weet 2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig.” Matteus 11:28-30 AFR20 Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...
I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In A Rare Find and Bird on my window sill I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...
George en Matilda. Baie dankie vir hierdie ongelooflike gebed / blessing vir ons... Dit word 'n mantra vir oggendgebed.... 'n koestering in my hart!. Mag julle hierdie blessing ook oor julself uitspreek vir alles wat in die volgende paar maande (en jare...) by julle gebeur...Mag julle ongelooflike Vrede op julle pad beleef wat julle dra en vashou en stuur. Baie liefde.
ReplyDeleteGeorge en Matilda, hierdie gesprekke is vir my soos 'n oase. Baie dankie daarvoor. Mag Tafelkop vir julle' n holte vir die voet wees en die Here julle vooruitgaan - elke tree van die pad.
ReplyDelete