Fotograaf: Hanna Jacobs As deel van ons huwelikseremonie op die 6de Desember, het ons die volgende liefdesverklarings aan mekaar voorgelees: Matilda: My George Dat dit ek is wat op 'n dag verdwaal het - so het ek gedink- en voor 'n deur beland het wat net so effens oopgestaan het. Dat ek met die oopstoot daarvan myself bevind het in die kamers van jou siel. Daar waar kosbaarhede oor baie jare versamel is, bewaar is, waardeer is. Dat dit ek is wat kon blaai deur jou woorde; kon warmte vind onder die klank van jou stem; kon drink van jou wysheid. Dat dit ek is wat kon tuiskom in jou liefde. En vandag, waar ons hier staan met ons voete op die grond van hierdie nuwe, ou-ou plek wil ek dit alles vir jou wees: veiligheid, inspirasie, warmte, wysheid, liefde. As jou lewensmaat en anam cara wil ek nou saam met jou uitloop- ons siele wyd-oop na die lewe en die wêreld; wil ek saam met jou tot seën wees vir hierdie aarde. My George, ek het jo...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.