Skip to main content

Posts

Showing posts with the label dood

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (186)

Deidré  Hierdie week het ons nie 'n opname nie. Ons woorde is min. Ons skoondogter Deidré is verlede Vrydag onverwags oorlede. Sy laat haar man Leon en 7-jarige dogtertjie Ariana agter. Gister was die roudiens. Ons pogings om aan te pas na haar dood het ook begin. Oor hierdie proses het Emily Dickinson as volg geskryf: Dit gebeur nie aldag nie, maar in hierdie geval stem ons nie heeltemal met Emily saam nie.  Ons gaan nie die liefde wegpak nie.  Of sê Emily meer? Dat ons en sy reg is?  Na Deidré se dood beleef ons dat ons liefde vir haar steeds 'n aktiewe krag in ons lewens is. Emily beskryf egter 'n ander waarheid wat ons ook beleef het. Na so 'n skielike dood trap jy water. Jy beweeg in 'n waas en doen dinge half-outomaties. Jy maak die huis aan die kant. Pak goed weg. Die instinktiewe werk van treurendes. Dit is die verskil tussen die lang, blywende landskap van liefde en die skerp, verwoestende aardbewing van hartseer. Ons aanvanklike reaksie, "Ons gaan nie...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (111)

  Dood, En My Lewe "Die mens.... sy lewe is kortstondig, soos 'n vonk wat opskiet." Job 5:7                                         Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (3)

  Paasfees As Boodskap  Ek sê vir julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel;  maar as dit sterf, dra dit baie vrug.  Wie sy lewe liefhet, verloor dit;  maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.  As iemand My wil dien, laat hy My volg;  en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees.                                                                      Joh 12:24-26 (2020-Vertaling) Ons Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Daar is dood, vernietiging, rou, sugte en trane... Letsels van 'n oorlog, Kijif, Oekraïne, Februarie 20222 'n Ou, weemoedige lied uit Oekraïne: (Klik op skakel hieronder om daarna te luister) Plyve Kacha  Vertaal, lui die woorde: 'n Eend swem op die Tysyna [rivier] Moeder van my,...