Deidré
Hierdie week het ons nie 'n opname nie. Ons woorde is min.
Ons skoondogter Deidré is verlede Vrydag onverwags oorlede. Sy laat haar man Leon en 7-jarige dogtertjie Ariana agter. Gister was die roudiens.
Dit gebeur nie aldag nie, maar in hierdie geval stem ons nie heeltemal met Emily saam nie.
Ons gaan nie die liefde wegpak nie.
Of sê Emily meer? Dat ons en sy reg is?
Na Deidré se dood beleef ons dat ons liefde vir haar steeds 'n aktiewe krag in ons lewens is.
Emily beskryf egter 'n ander waarheid wat ons ook beleef het. Na so 'n skielike dood trap jy water. Jy beweeg in 'n waas en doen dinge half-outomaties. Jy maak die huis aan die kant. Pak goed weg. Die instinktiewe werk van treurendes.
Dit is die verskil tussen die lang, blywende landskap van liefde en die skerp, verwoestende aardbewing van hartseer. Ons aanvanklike reaksie, "Ons gaan nie die liefde wegpak nie", kyk na die landskap. Emily beskryf die aardbewing.
Die dood en die liefde het baie kante. En hulle gaan saam.
George & Matilda


Die lang blywende landskap van liefde én d verwoestende aardbewing van hartseer - om met beide hierdie realiteite te leef. . .
ReplyDelete