Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Laurika Rauch

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (64)

  Eerste Natuur-indrukke Op Tafelkop Tafelkop se takbokke Foto geneem deur Matilda Angus Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Foto geneem deur Matilda Angus Musiek Hierdie week het ons  verskillende musieksnitte vir die Afrikaanse en Engelse blog inskrywings. Ons wou nie kies nie, omdat albei so besonders is en tot ons spreek hier waar ons nou bly en op ons spirituele reis oor die algemeen  Die musiek in die Engelse blog? Julle sal moet gaan luister -  English song Ons seënbede vir julle kom uit Deut 33:13-16 Mag jul land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou en met die beste uit die water diep onder die grond, met die beste wat deur die son gegee kan word en met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word, met die beste uit die gryse berge en met die beste uit die ou-ou heuwels, met die beste uit die aarde en wat daarop is en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos. George & Matilda

From The Restory - Conversations On The Journey (32)

  Is God Calling Contrary To Our Loves? The Conversation Elements From The Conversation Music The process where God is journeying with us, especially in the discovery and living of our deep passions and loves, reminds one of a dance. Love George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (33)

  Roep God Teen Ons Liefdes In? Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Die proses waar ons saam met God op reis is, juis ook in die ontdekking en uitleef van ons diep passies en liefdes, herinner sterk aan 'n dans. Liefde George & Matilda

Windpompingenieur

Foto: George Angus Ek het met elektriese turbine pompe grootgeword. Met windpompe is ek regtig nie so goed bekend nie. Daar waar ons nou op Wakkerstroom gaan bly, word die water met 'n windpomp uit die boorgat gepomp. Saterdag stel ek myself toe aan dié tegnologie bekend en luister na wat dit vir my wil wys en sê. Ek glo as mens aandagtig luister en jou volle aandag aan enigiets gee, dit met respek en eerbied behandel, dan praat dit met jou en wys jou hoe dit werk.  Ek het my sommer al vroeg-vroeg in dié kennismaking in aan die slinger met sy tandrat wat die stert van die windpomp knak en inbind sodat die wiel nie aanhoudend wind se kant toe gedraai word nie verstom. Wanneer jy hom laat skiet en die stert vou reguit oop, sien jy hoe die groot wiel wind se kant toe neig. Kompleet nes 'n groot staal sonneblom wat sy kop na die son toe draai. Hy knoop dan die wind in daardie vinne van hom vas en dwing hom om die stang onder in die boorgat as't ware op en af te waai s...