Skip to main content

Windpompingenieur


Foto: George Angus


Ek het met elektriese turbine pompe grootgeword. Met windpompe is ek regtig nie so goed bekend nie.

Daar waar ons nou op Wakkerstroom gaan bly, word die water met 'n windpomp uit die boorgat gepomp. Saterdag stel ek myself toe aan dié tegnologie bekend en luister na wat dit vir my wil wys en sê. Ek glo as mens aandagtig luister en jou volle aandag aan enigiets gee, dit met respek en eerbied behandel, dan praat dit met jou en wys jou hoe dit werk. 

Ek het my sommer al vroeg-vroeg in dié kennismaking in aan die slinger met sy tandrat wat die stert van die windpomp knak en inbind sodat die wiel nie aanhoudend wind se kant toe gedraai word nie verstom. Wanneer jy hom laat skiet en die stert vou reguit oop, sien jy hoe die groot wiel wind se kant toe neig. Kompleet nes 'n groot staal sonneblom wat sy kop na die son toe draai. Hy knoop dan die wind in daardie vinne van hom vas en dwing hom om die stang onder in die boorgat as't ware op en af te waai sodat die water uit die pyp loop. Ongelooflik! Later klim ek met die leer op tot by daardie wiel en word aan die meganismes daar bo bekendgestel. 

Die hele ou meganiese wonder het soos hy daar staan aandag nodig. 'n Goeie laag verf sal hom nie skade doen nie. Ratte moet geghries, kettings vervang en die oliebad opgevul word. Terwyl ek daar bo op die platform langs die wiel sit en soos 'n koning voel wat vanuit sy toringvenster oor sy paleiswerf uitkyk, kom Laurika Rauch se Ballade van Jakob F de Beer by my op. Ek het onthou dat Jakob 'n windpompingenieur was, maar die res van die woorde het ek bietjie vergeet. Net dat dit  maar hartseer was. Vanaand het ek weer mooi  gaan kyk wat sy alles van hom gesing het:

In die Kamdeboo kontrei was ons vrolik, jonk en vry
Waai westewinde waai
In die Kamdeboo kontrei het ons donkiekar gery
Draai donkie donkie draai

Jakob F. de Beer, windpompingenieur
Reis van plaas tot plaas in sy donkiewa
As die westewinde waai, moet silwer speke draai
Draai silwer speke draai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Hannetjie du Plooy, byna byna mooi
Draai westewinde draai
As die dansorreltjie kreun, sit Hannetjie alleen
Draai draai draai tiekie tiekie draai

‘n Donkie en sy baas kom aan op ‘n nuwe plaas
Hannie lyk vir Jakob al te mooi
Na ‘n week of wat ken die donkie ook die pad
Draf draf donkie donkie draf

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Op ‘n dag in die Kamdeboo is Hannie windpomp toe
Draai donkie donkie draai
Skeef langs die yster leer, lê Jakob F. de Beer
Waai waai weste winde waai

In die Kamdeboo kontrei kon Hannetjie nie bly nie
Sy huil te veel as die westewinde waai
In die Kamdeboo kontrei het ons donkiekar gery
Draai donkie donkie draai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai


Windpompingenieur. Dié is ek beslis nie. Maar ek dink dat tussen my gesprekke met die groot ou ysterblom en Laurika se liedjies deur ons wel een van die dae water uit 'n kraan sal hê.


George



Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda