Skip to main content

Posts

Showing posts with the label stadsraad

nota aan die stadsraad

Foto deur Amanda White meneer, vandag is die wind ‘n ou viool. trouens, kragtens musiek is vandag se winter méér vertroostend; die platkopdenne byvoorbeeld: uitgerafelde slae van ‘n dowwe tamboer. die punt, egter, is: op die groen tralies voor die huis wat so lank leeggestaan het, met, tereg meneer die stadsklerk, bláre op die vensterbanke, vermoedelik véél gevaarliker vlermuise in die nok – op dié groen tralies waaragter ag, waaragter géén geheime huis (met tampende staan- horlosies ‘n bont papegaai ivoorpatrone op ‘n ronde tafel) meer bouvallig mag kantel nie; op dié groen tralies, geagte meneer – hoe sal ek dit formuleer – op dié groen tralies dans vandag die blink glissando’s van die son.              Marlene van Niekerk