Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Nefertiti

Nefertiti van die Wilgerivier

Borsbeeld van Nefertiti - Berlin Neues Museum Ek weet nie veel van die oorspronklike Nefertiti nie. Net dat sy Egipties was, dink ek? Ek kan haar natuurlik gaan Google, en daar is ‘n baie mooi gedig van Hennie Aucamp, wat George vir my sommer so uit die vuis uit aanhaal, maar sy is ‘n vae begrip in my kop wat grootliks net gekoppel is aan hoe sy gelyk het volgens oorlewering: 'n Statige koningin met 'n baie hoë hooftooisel en 'n mooi Egiptiese profiel. NEFERTITI Sy dra op haar lang nek versigtig Haar kop soos ‘n kruik wat kan breek En tereg – want haar Hollywood masker Het reeds in die een oog verbleek. Dis daardie “look” wat my hierdie Nefertiti laat opmerk het. Sy staan in ‘n effense hoek wat gevorm word deur die reuse klipformasie van die kranse by Linda en Pieter se naweekplekkie naby die Wilgerivier. Dit is vir my 'n hoogtepunt om uit te stap op die dek sodra ons daar aankom en in haar rigting te kyk. Sy is altyd daar. Met een arm gemaklik op di...