Skip to main content

Posts

Showing posts with the label The Bustle In A House

From The Restory - Conversations On The Journey (186)

  Deidré  We don't have a recording this week. Our words are few. Our daughter-in-law Deidré passed away unexpectedly last Friday. She leaves behind her husband Leon and 7-year-old daughter Ariana. Yesterday was the funeral service. Our efforts to adjust to her death have also begun. Emily Dickinson wrote about this process as follows: It doesn't happen every day, but in this case we don't completely agree with Emily.  We're not going to pack up our love.  Or is Emily saying more? That we and she are right?  After Deidré's death, we experience that our love for her is still an active force in our lives.  However, Emily describes another truth that we have also experienced. After such a sudden death, you tread water. You move in a haze and do things semi-automatically. You tidy up the house. Put things away. The instinctive work of those who mourn.  This is the difference between the long, lasting landscape of love and the sharp, devastating earthquake ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (186)

Deidré  Hierdie week het ons nie 'n opname nie. Ons woorde is min. Ons skoondogter Deidré is verlede Vrydag onverwags oorlede. Sy laat haar man Leon en 7-jarige dogtertjie Ariana agter. Gister was die roudiens. Ons pogings om aan te pas na haar dood het ook begin. Oor hierdie proses het Emily Dickinson as volg geskryf: Dit gebeur nie aldag nie, maar in hierdie geval stem ons nie heeltemal met Emily saam nie.  Ons gaan nie die liefde wegpak nie.  Of sê Emily meer? Dat ons en sy reg is?  Na Deidré se dood beleef ons dat ons liefde vir haar steeds 'n aktiewe krag in ons lewens is. Emily beskryf egter 'n ander waarheid wat ons ook beleef het. Na so 'n skielike dood trap jy water. Jy beweeg in 'n waas en doen dinge half-outomaties. Jy maak die huis aan die kant. Pak goed weg. Die instinktiewe werk van treurendes. Dit is die verskil tussen die lang, blywende landskap van liefde en die skerp, verwoestende aardbewing van hartseer. Ons aanvanklike reaksie, "Ons gaan nie...