Foto deur Matilda Angus ‘n Bakkie wat ek onlangs uit American Elm gedraai het. Ek leer aanhoudend nuwe name terwyl ek met hout werk. Die Engelse name van hout en bome is oor die algemeen meer bekend. Telkens weet ek nie wat dit in Afrikaans is nie en moet dit gaan opsoek. Dis woorde wat vir my mooi op die tong lê. American Elm is Amerikaanse iep of olm. Hickory is Amerikaanse okkerneuthout, Maple – esdoring, Yew - taksusboom, Ash – essehout, Holly – huls, Birch - berkeboom, Larch – lorkeboom, Spruce – denneboom (kan jy glo!), Beech – beukehout en ook boekenhout. Daar is egter ook name van Suid-Afrikaanse houtsoorte wat net nie hul lê in Engels kan kry nie – ysterhout, olienhout, hardepeer, stinkhout, kiaat (wat nie dieselfde as teak is nie), blinkblaar wag-'n-bietjie. Om nie eens van Afrika-, Asiatiese en Australiese houtsoorte te praat nie – Karri, Tatajuba, Panga-Panga, Masuranduba, Merbau, Jarrah, Cocobolo. Buitestaanders sien die stukke vorm aanneem op die draaibank....
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.