Skip to main content

Posts

Showing posts with the label factories

Kliek van my BiC

Ek skryf in my joernaal met een van daardie vreeslik algemene kliek BiC penne. Regte ou werksesels. Wanneer ek petrol ingooi en ek betaal met my garagekaart en ek moet die strokie teken, diep die petroljoggie een van myne se broers op om die werk te doen. Gaan ek by die fabrieke of verskaffers deur die hekke waar sekuriteit diens doen, wie sal ook daar aan diens wees? Meneer BiC. Moet ek die betaalstrokie in die supermark teken na ek kruideniers gekoop het - met ‘n BiC. Dié wat swart skryf is oor die algemeen self swart. Die rooies rooi.  Dié wat blou skryf kom in ‘n hele verskeidenheid kleure voor. Kleure wat na alle waarskynlikheid snaakse name het wat ek nie ken nie. Die een van my het ‘n vreemde grys kleur, soos iets wat met die weermag of die kleredrag van jare gelede se boere te make het. (Moderne boere dra sulke spoggerige uitrustings met meegaande kleurskemas dat ek hulle nie as voorbeelde vir my pen se kleur kan gebruik nie). Dan is daar ook wit en so ‘n snaak...