Skip to main content

Posts

Showing posts with the label vrees

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (164)

  Kwesbaarheid Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Daar is iets baie kwesbaar aan die melodie en die woorde van  Treaty , een van die snitte op Leonard Cohen se heel laaste album, You Want It Darker . Liefde van ons af. Altyd. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (65)

Klein Ure Van Die Nag Ek het die HERE lief, want Hy luister na my stem, my smeekgebed; ja, Hy draai sy oor na my, en solank ek leef, sal ek Hom aanroep. Bande van die dood het my omsluit; angste van die doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar. Toe het ek die Naam van die HERE bly aanroep: "Ag, HERE, red tog my lewe!" Genadig is die HERE en regverdig;  ons God is barmhartig.  Die HERE beskerm onkundiges;  ek is nietig, maar Hy het my verlos.                                    Ps 116:1-6 (2020 Vertaling) Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Die vrese wat in die nagtelike ure opstaan kan só oorweldigend wees dat dit ons van ons selfvertroue en ondernemingsgees beroof.  Saam met die elemente wat ons in die gesprek genoem het, het die raad van een van ons gunsteling leermeesters, Jacob Whelan, ons ook al baie gehelp. Vroegoggend, aan die begin van d...

Leviatan

Leviathan * Terwyl ek die stuk oor Patat (Sien Watchitometer ) geskryf het waarin ek noem dat hy jou soms hap, het ‘n gedeelte uit Job aanhoudend by my opgekom: “Kan jy 'n krokodil met 'n hoek vang of hom 'n tou in die bek sit? Kan jy 'n lyn deur sy neus steek of sy kakebene met 'n hoek vastrek? Sal hy jou soebat om genade of by jou mooipraat? Sal hy 'n ooreenkoms met jou aangaan om vir altyd jou slaaf te wees?” (Job 40:20-23) . Dalk is dit omdat ek meen hy is net so onafhanklik ontembaar soos die krokodil as hy eers daardie ore plattrek. Die hele dinkery het my egter weer op ander spore gesit. In byna al die Engelse vertalings en in die oorspronklike Hebreeuse teks self word nie van krokodil nie, maar van die Leviatan – die Hebreeuse naam vir ‘n groot seemonster - gepraat. Dit gaan nie hier vir my om wat die beste vertaling van die gedeelte in Job is nie. Die onderliggende tema is gewoon iets baie groter as die mens wat vrees inboesem en waarteen o...