Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Hygge

Om te Hygge

My suster stuur vir my ‘n e-pos met interessante woorde wat basies onvertaalbaar is en net so in die oorspronklike gebruik word. Eintlik is dit leefstyle wat in woorde saamgevat word. Onder andere Hygge. Die Deense woord vir ‘n leefstyl wat koesterend, sorgsaam en intiem is. Wat vra dat jy die oomblik waarin jy is, hoe eenvoudig ook al, sal geniet en die waarde van “dit stadiger vat” nie onderskat nie. Ek sit ‘n lang ruk daarna en kyk. Is dit net iets in die lug, deel van die groter “collective consciousness”, of bloot ‘n nuwe gier? Iets wat deur stylghoeroes herontdek en afgestof is? Sy weet nie dat ek nou al vir byna 2 weke materiaal versamel oor Hygge nie. Aanhalings, foto’s, artikels. Ek het effens teruggehou omdat ek gedink het dit mag half onvanpas wees om hier aan die begin van die lente daaroor te skryf; Hygge is baie tuis in die winter kom dan tot sy of haar reg. Waarskynlik is dit waarom dit my reg van ...