Skip to main content

Om te Hygge





My suster stuur vir my ‘n e-pos met interessante woorde
wat basies onvertaalbaar is
en net so in die oorspronklike gebruik word.
Eintlik is dit leefstyle wat in woorde saamgevat word.
Onder andere Hygge.
Die Deense woord vir ‘n leefstyl
wat koesterend, sorgsaam en intiem is.
Wat vra dat jy die oomblik waarin jy is,
hoe eenvoudig ook al,
sal geniet
en die waarde van “dit stadiger vat”
nie onderskat nie.
Ek sit ‘n lang ruk daarna en kyk.
Is dit net iets in die lug,
deel van die groter “collective consciousness”, of bloot ‘n nuwe gier?
Iets wat deur stylghoeroes herontdek en afgestof is?








Sy weet nie dat ek nou al vir byna 2 weke materiaal versamel oor Hygge nie.
Aanhalings, foto’s, artikels.
Ek het effens teruggehou omdat ek gedink het
dit mag half onvanpas wees om hier aan die begin van die lente daaroor te skryf;
Hygge is baie tuis in die winter
kom dan tot sy of haar reg.
Waarskynlik is dit waarom dit my reg van die begin af,
toe ek dit die eerste maal raakgelees het,
so aangetrek het.
Ek floreer in die winter,
daardie seisoen van inkeer, stilte en koestering.
Hygge gee uitdrukking aan wat ek
nog altyd net instinktief geweet het.
Sulke woorde is kosbaar.

Daarom skryf ek ook nóú,
in die lente, daaroor.
Dit kan nie skade doen indien ons baie
van die elemente daarvan
heeljaar toepas nie.
Selfs nadat die huidige leefstylgier
oorgewaai het
en mense in die nuwe seisoen begin
ola of toeda of clinu
(hulle sal wel ‘n woord uitdink)
sal ek doodgewoon wil aangaan om te Hygge.
Dis immers wat ons lewe hier op Barrowfield
nog altyd so lekker gemaak het.

En net om my met die
lente-Hygge te help
kom ek op dié gedig van TT Cloete af.
Ek kon dit nie beter sê nie.

Sondagoggend

Wat is in die weer?

Ons sit daar en praat
en swyg in die tuin, meer
swyg. Uit die hemel en straat
en die buurt assimileer

ons. Die lyster kom sit en pik
wurms uit die gras, die honde speel
tussen die blomme wonderlik
rooi en wit en –geel.

Ons velvoel die son se prik.

Ons fotosinteer met die blare,
sit en kyk hoe die buurvrou
oorkant met die glansende hare
haar lieflike kind vashou
in haar liefderike vrugbare jare.

Ineens is daar ‘n kosbare hartseer
in die gras, in die voëls, die lelies
en blare, in die weer,
in die lughemel, in die bries.
Niemand sê iets meer.

Daar kom ‘n tyd so delikaat
dat ‘n enkele uur die waarde
van ‘n ganse lewe het, ‘n oordaad
so gelade, dat die mees bedaarde
lispel dit kan stukkend praat.


So, dankie Ella, vir daardie laaste stootjie.


George






Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...