Skip to main content

Posts

Showing posts with the label onsekerheid

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (225)

Eksistensiële Gesondheid Onsekerheid, Sterflikheid, Identiteit vs Rol Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Kreatiewe Stuk Alberto Giacometti - L’Homme qui marche (Die Lopende Man) 1960 Alberto Giacometti se beroemde bronsfiguur L’Homme qui marche (Die Lopende Man) beeld ’n man uit, besig om te loop, met sy arms wat los langs sy sye hang. Dit word beskryf as ’n nederige beeld van ’n doodgewone man, én terselfdertyd ’n kragtige simbool vir die hele mensdom. Giacometti het die natuurlike balans van die treë gesien het as ’n beeld van die mens se eie lewenskrag. Die figuur het geen klere, geen professionele kenmerke, geen gesigsuitdrukking van bravade nie. Hy is bloot mens—breekbaar, alleen, maar steeds aan die beweeg. Dit verwoord visueel daardie vraag: Wie is jy wanneer jy nie meer jou rolle "dra" nie? Jy is nie die harnas van jou werk of doeltreffendheid nie; jy is die essensie wat deurbreek wanneer alles afgestroop word. Daar is 'n diep ironie daarin dat Giacometti se...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (122)

My Onsekerheid As Motivering “Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry ....” ‭‭Markus‬ 10‬:‭21‬ ‭AFR83                               ‬‬ ~ ❖ ~ “Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,  was ek dom en sonder insig;  soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.  Tog was ek nog altyd by U,  want U vat my aan die hand.  U lei my met u raad ....” ‭‭Ps‬ 7‭3‬:‭21‬-‭24 ‭AFR83                             ~ ❖ ~  Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Is Henry só onseker dat hy heeltyd leiding van sy vrou vra? Of is hy  doodgewoon lui en geslepe? Met liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (23)

  Drempeltye   Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Ons dink aan julle elkeen op jul reis. George en Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (3)

  Paasfees As Boodskap  Ek sê vir julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel;  maar as dit sterf, dra dit baie vrug.  Wie sy lewe liefhet, verloor dit;  maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.  As iemand My wil dien, laat hy My volg;  en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees.                                                                      Joh 12:24-26 (2020-Vertaling) Ons Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Daar is dood, vernietiging, rou, sugte en trane... Letsels van 'n oorlog, Kijif, Oekraïne, Februarie 20222 'n Ou, weemoedige lied uit Oekraïne: (Klik op skakel hieronder om daarna te luister) Plyve Kacha  Vertaal, lui die woorde: 'n Eend swem op die Tysyna [rivier] Moeder van my,...