Skip to main content

Posts

Showing posts with the label timmerman

Psalm

Fotograaf: Matilda Angus Dreinpype, filters, vernis, klampe, skarniere, plankvloere, venstermeganismes, saag, skuur, meet, vasdraai, losdraai, opvul, verf… Die elemente en aktiwiteite van my dae die afgelope paar weke. Dis oor die algemeen die elemente van my dae, maar die laaste paar weke nog meer en intens so.  Ek weet dat “doodgewone” werk heilig is. Dis een van die hoekstene van ons geloof en leefwyse hier op Barrowfield. Dis beslis nie die eerste keer dat ek daaroor skryf nie en ‘n wesenlike kwessie wat vir my geweldig belangrik is. Dis vir ons tragies wanneer ons sien en hoor dat die uitleef van die Christelike geloof beperk en opgebind word in kerklike dienskommissies, Bybelstudies, gemeentelike aksies en ander aktiwiteite waaraan die etiket “godsdiens” mettertyd maklik gehang kon word. Niks het gebeur wat my siening verander het nie. Dis steeds aan die een kant dinge waaroor ek jammer is en aan die ander kant dinge wat ek weet en glo. Tog betrap ek myself die...