Foto: George Angus Ek het met elektriese turbine pompe grootgeword. Met windpompe is ek regtig nie so goed bekend nie. Daar waar ons nou op Wakkerstroom gaan bly, word die water met 'n windpomp uit die boorgat gepomp. Saterdag stel ek myself toe aan dié tegnologie bekend en luister na wat dit vir my wil wys en sê. Ek glo as mens aandagtig luister en jou volle aandag aan enigiets gee, dit met respek en eerbied behandel, dan praat dit met jou en wys jou hoe dit werk. Ek het my sommer al vroeg-vroeg in dié kennismaking in aan die slinger met sy tandrat wat die stert van die windpomp knak en inbind sodat die wiel nie aanhoudend wind se kant toe gedraai word nie verstom. Wanneer jy hom laat skiet en die stert vou reguit oop, sien jy hoe die groot wiel wind se kant toe neig. Kompleet nes 'n groot staal sonneblom wat sy kop na die son toe draai. Hy knoop dan die wind in daardie vinne van hom vas en dwing hom om die stang onder in die boorgat as't ware op en af te waai s...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.