Skip to main content

Iep of olm

Foto deur Matilda Angus

‘n Bakkie wat ek onlangs uit American Elm gedraai het.

Ek leer aanhoudend nuwe name terwyl ek met hout werk. Die Engelse name van hout en bome is oor die algemeen meer bekend. Telkens weet ek nie wat dit in Afrikaans is nie en moet dit gaan opsoek. Dis woorde wat vir my mooi op die tong lê. American Elm is Amerikaanse iep of olm. Hickory is Amerikaanse okkerneuthout, Maple – esdoring, Yew - taksusboom, Ash – essehout, Holly – huls, Birch - berkeboom, Larch – lorkeboom, Spruce – denneboom (kan jy glo!), Beech – beukehout en ook boekenhout.

Daar is egter ook name van Suid-Afrikaanse houtsoorte wat net nie hul lê in Engels kan kry nie – ysterhout, olienhout, hardepeer, stinkhout, kiaat (wat nie dieselfde as teak is nie), blinkblaar wag-'n-bietjie. Om nie eens van Afrika-, Asiatiese en Australiese houtsoorte te praat nie – Karri, Tatajuba, Panga-Panga, Masuranduba, Merbau, Jarrah, Cocobolo.

Buitestaanders sien die stukke vorm aanneem op die draaibank. Hulle weet niks van die klanke en name wat in my kop draai en draai nie.

George


Comments

  1. Kort net 'n "i" dan is dit my bakkie George...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Iepi? Olmi? Ipi Tombi? Ek sal graag vir jou bakkies draai Elm.:-)

      Delete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (95)

Stil In Die Gemaal Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek In opera kry mens dikwels hierdie stiltes vervleg met 'n veel onstuimiger agtergrond. Lied aan die Maan  van Antonin Dvorak is 'n mooi voorbeeld. Met liefde. En die begeerte dat dit iets van God se groot liefde reflekteer. George & Matilda