Skip to main content

Werfnuus - Tafelkop Sonder Krag

 












Liewe vriende en ondersteuners,

Soos baie van julle dalk gehoor het was ons die afgelope week hier op Tafelkop van Maandag tot Vrydag vir vyf dae heeltemal sonder krag ná die sneeustorm.

Vir ons is die reën- en sneeustorms elke keer ’n groot uitdaging. Ons lê aan die heel stertkant van ’n lang, yl bevolkte Eskom-toevoerlyn, en dit beteken ongelukkig dat ons dikwels heel agter in die ry is wanneer herstelwerk gedoen word.

Hierdie keer het dit ons weer baie bewus gemaak van hoe kwesbaar ons is. Ons het byvoorbeeld iemand hier op privaat-retreat gehad, en hy moes die hele week saam met ons sonder elektrisiteit klaarkom. Teen dag 3 moes die goed in die vrieskas oorgevat word na ‘n vrieskas op ‘n buurplaas wat sonkrag het. Dit het ons laat besef dat ons nie net kan hoop dat daar hierdie komende somer min onderbrekings gaan wees, of dat die volgende een korter gaan wees nie.

Daar is ook ’n ander kant aan ons kragprobleem. Ons Eskom-rekening begin elke maand by ongeveer R3 400 (vaste lynfooie en tariewe), nog voordat ons ’n enkele eenheid elektrisiteit gebruik het. Dit beteken ons betaal reeds meer as R40 000 per jaar net aan vaste koste en tariewe.

Dit maak dit aanloklik om te dink: waarom gaan ons nie maar heeltemal oor na sonkrag en belê die geld wat ons op Eskom sou spaar eerder in ’n behoorlike stelsel nie?

Ongelukkig is ons situasie nie heeltemal so eenvoudig nie.

Hier op Tafelkop gebruik ons toerusting wat heelwat meer krag vra as ’n gewone huishouding. Ek het verskeie 3-fase houtwerkmasjiene en ’n 3-fase sweismasjien, en Matilda se pottebakkersoond is ook 3-fase. Ons weet op hierdie stadium nie van ’n bekostigbare manier om hierdie toerusting van die Eskom-netwerk los te maak nie.

Ons moet dus vir eers Eskom behou – maar ons wil terselfdertyd begin om ’n tweede, onafhanklike kragstelsel op te bou vir die dinge wat tydens ’n kragonderbreking moet aanhou werk.

Dit is waar ons Tafelkop Noodkragfonds inkom.

Ons plan is om dit stap vir stap te doen, binne ons beperkte vermoëns, eerder as om te wag totdat ons eendag genoeg geld het vir die ideale, volledige stelsel.


Die eerste stap: die Kothuis

Ons wil graag ’n stewige, selfstandige kragstelsel vir die Kothuis, waar ons bly, aanskaf wat die basiese noodsaaklikhede tydens ’n kragonderbreking kan dra.

Ons beoog tans ’n EcoFlow Delta 2 Max, saam met twee 220W-sonpanele (440W in totaal). Dit sal ons in staat stel om die battery gedurende die dag weer met sonkrag te laai en terselfdertyd ligte, kommunikasie, skootrekenaars, ander elektroniese toerusting en die yskas aan die gang te hou.

Ons gebruik reeds ’n gasgeyser en gasstoof, so ons kook- en warmwaterbehoeftes is gelukkig nie van Eskom afhanklik nie.

Die pakket kos ongeveer R34 500.


Die tweede stap: die Groot Retreathuis

Hier het ons onlangs ’n besondere stukkie goeie nuus gekry.

Vriende van ons het pas ’n huis gekoop wat reeds toegerus is met ’n baie goeie omskakelaar- en batterystelsel, ingeskakel op Eskom se sisteem. Dit is dus ten volle van Eskom se voorsiening afhanklik en kan vir ‘n paar ure noodkrag voorsien, maar as die krag lank afbly, loop die batterye af.

Hulle wil ten volle na sonkrag oorskakel. Wanneer hulle hul eie sonpanele installeer, wil hulle dan die bestaande stelsel vir ons gee.

Ons beoog om dit dan hier op Tafelkop te installeer en met ons eie sonpanele aan te vul. Dit sal ons ’n stewiger hibriede stelsel gee waarmee die groot Retreathuis tydens langer kragonderbrekings kan funksioneer.

Ons besef dat daar nog heelwat uitwerk en beplanning nodig is om te bepaal presies hoe die verskillende stelsels die beste saam kan werk. Ons wil egter eerder nou begin om iets op te bou wat later uitgebrei kan word as om telkens van voor af te begin.

Hoe jy kan help

Ons begin daarom met die Tafelkop Noodkragfonds.

Dit is nie ’n poging om ’n groot en luukse sonkragstelsel vir Tafelkop te finansier nie. Ons probeer eenvoudig om ons basiese funksionering minder kwesbaar te maak wanneer Eskom se krag wegval – en om dit stap vir stap te doen volgens wat ons kan bekostig.

As jy graag ’n bydrae wil maak om ons hiermee te help, sal ons dit opreg waardeer. Groot of klein, elke bydrae bring ons ’n tree verder.

Bankbesonderhede:

Absa Spaarrekening
M Angus
Verwysing: Tafelkop Krag en jou van

Baie dankie vir elkeen se omgee, meelewing en volgehoue ondersteuning van wat ons hier op Tafelkop probeer bou.

Ons is baie dankbaar vir die mense wat saam met ons glo dat hierdie ’n ruimte is waar mense kan kom rus, asemhaal, dink, leer, skep en eenvoudig ’n bietjie mens kan wees.

Warm groete,

George en Matilda 
The Restory, Tafelkop


Comments

Popular posts from this blog

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...

A likely Hero: Jara Cimrman

As Matilda has already indicated, one of the most difficult things to do after you’ve visited a country is to return and convey something of what you’ve experienced. How do you show a city’s many faces, introduce its inhabitants? How do you tell of the effects a history has on people and of a stance towards life that can actually not be translated into words? In the case of Prague, it is very helpful to have someone like Jara Cimrman. ~ ~ v ~ ~ Petrin Hill, on the left bank of the river Vltava running through Prague, is in many ways a site worth visiting. Climbing the 299 steps of the Petrin Tower, inspired by the Eiffel Tower, gives you one of the most beautiful views of the city. But by going down into its basement, you enter into the psyche of the Czech people. Here, quite unobtrusively, is the museum for the “ Genius, who has not become famous ”. Matilda and I almost stumbled onto it by chance and as we went through the exhibition, our amazement over this brilliant ...

You never can tell

This morning I was out in the vegetable garden looking for signs of sprouting cabbage and spinach that we had sown a week ago. Among the weeds, I did find the tiny seedlings pushing through bravely, but I had a surprise coming. The young Zulu gardener drew my attention to an abundance of ready food growing in the ruins of the tiny stone cottage only meters away: Umbido, a type of wild spinach, and a staple food in the rural areas. I grew up with much the same in the northern parts of the country, but called Marogo in the Sotho language.  Enter my new helper and friend, Winnie Nkosi. She lives on the edge of the Zaaihoekdam in a traditional mud house with no electricity. Twice a week she walks the four odd kilometres to help me with all things domestic. She has also taken it upon herself to teach me the Zulu language and culture with optimistic determination. The planned lunch menu was immediately ditched in favour of a lesson in local cooking and Winnie showed me the differenc...