Las of Geseënd?
Die Gesprek
Elemente Uit Die Gesprek
Die aanhaling van Alasdair MacIntyre sê: “Acknowledgment of dependence is the key to independence.”
Hierdie is vir ons ’n belangrike gedagte. Ons dink maklik dat ons eers werklik vry of suksesvol is wanneer ons niemand nodig het nie. Asof ons alles self moet kan hanteer en in al ons eie behoeftes moet kan voorsien.
Maar miskien gebeur iets anders wanneer ons ons afhanklikheid begin erken. Miskien ontdek ons dan ’n dieper soort vryheid — die vryheid om te ontvang, om ander te vertrou en om nie alles alleen te probeer dra nie.
Die volgende liedjie, “Nothing but Everything” van Jon & Roy, sê iets van daardie beweging. Dit gaan oor oorgawe, om jou aan liefde en verbondenheid toe te vertrou. En dit gaan ook oor die ontdekking dat jy nie noodwendig minder oorhou wanneer jy ophou om alles self te probeer beheer nie. Dalk ontdek jy dan juis wat werklik belangrik is.
Luister gerus daarna as ’n soort meditasie oor afhanklikheid, oor behoort en oor genade.
Baie dankie vir die skenkings en ondersteuning wat dit vir ons moontlik gemaak het om ons elektrisiteit-uitdagings aan te spreek. Dit gee ons soveel meer gemoedsrus en maak ons werk baie makliker.
Eenvoudig gestel: Sonder julle kan ons nie.
Met ons liefde.
George & Matilda




Comments
Post a Comment