Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (14)

 

Ondersteuning Vir Die Restory


“Accepting someone’s help is as good as giving someone help.”

 

                                                                                         Matthew 10:41 (The Message)

 

Die werk van Die Restory word gedoen vir mense, maar ook deur mense. Ons voorsien dat dit in die toekoms nog meer die geval gaan wees. Indien ons ‘n bydrae wil lewer om die menslike bewussyn te verander sodat ons anders na die wêreld en onsself kyk en die lewe anders benader, is die talente, gawes en ondersteuning van mense baie nodig.

Die Restory word nie onderhou, of spruit nie voort uit enige groot instansie, kerk of organisasie nie. Behalwe vir ‘n bloot historiese verloop het ons ook doelbewus daarvoor gekies, omdat ons so toeganklik en inklusief moontlik wil wees. Vanuit die staanspoor het ons die werk gedoen en befonds deur ons eie inkomste te genereer – meubel-restourasie en ander houtwerk projekte, markte, pottebakkerswerkswinkels, ons kuns. In ‘n groot mate probeer ons dit steeds doen, maar die werk van Die Restory het mettertyd uitgebrei, die balansering van beide spirituele ondersteuning en inkomste generering is nie maklik nie en as ons eerlik wil wees, ons kry net nie al die gate toegestop nie.

Ons retreats, geestelike bgeleidingsessies en werkswinkels dra ook tot ons inkomste by, maar omdat ons dit bekostigbaar wil hou – veral vir diegene wat deur ‘n krisis gaan en dan dikwels juis nie die geld het vir die hulp wat dan benodig word nie, en ook vir die personeel van nie-winsgewende organisasies – is daar of nie ‘n wins daarop nie, of dis baie klein.

Ons is baie dankbaar vir die bydraes en ondersteuning van familie en vriende oor die afgelope jare. Dit het dit moontlik gemaak om die badkamers op te knap en meer funksiuoneel vir retreats te maak, The Living School by te woon, vir Matilda om die kursus in geestelike begeleiding te doen, ‘n afdak vir ons karre op te rig, die ou murasie in ‘n kapel te omskep, en ons vervoer-behoeftes aan te spreek. Daar was ook tye wat skenkings en geldelike bydraes ons gehelp het om bloot deur ‘n maand te kom. Sonder hierdie hulp sou ons werk lankal tot ‘n einde gekom het.

Ons glo dis baie belangrik om mense in hierdie tye van sosiale en politieke onsekerheid te help om die dikwels versluierde en selfs miskende ou tradisies van Christelike kontemplasie te ontdek. Dit was van die begin af ons oogmerk; oor die jare het dit net in dringendheid toegeneem. Ons wil die werk van Die Restory uitbrei deur ons programme, videos, werkswinkels en retreats. Ons wil fasiliteite verbeter en instandhou.

Dit is net nie moontlik om dit te doen deur ou metodes en strategieë te volg nie.

Ons word ouer en daar is dae wat ons fisies so moeg is van ons pogings om in ons finansiële behoeftes te voorsien en die kommer wanneer ons nie daarin slaag nie, dat ons dit moeilik vind om geestelik effektief en sensitief te wees. Die taak en uitdagings is te groot vir ons. Ons het hulp nodig.

Vriende en familie het ‘n groot rol gespeel om ons daarvan bewus te maak en ook van die belangrikheid om ons behoeftes bekend te maak.


Hoe kan jy die werk van Die Restory ondersteun en daarmee help?


  • Deur ‘n enkele, eenmalige finansiële bydrae
  • Deur maandelikse bydraes

Bankbesonderhede
 
Bank:                               ABSA
Naam:                             M Angus
Tipe Rekening:                Spaarrekening
Rekeningnommer:           9315 820 671

 

  • Deur te help met items op Die Restory wenslys

    (Presiese spesifikasies spruit voort uit ervaring en vir die take waarvoor die items benodig word)

-          50 cc Bossiekapper

-     Skadunet vir die kante van die voertuie se afdak, die pottebakkerstudio se tuin en vir die groentetuin

-          Behandelde pale vir die studio-tuin en die groentetuin

-      Heining-materiaal (gewone heining, nie sekuriteitsheing) vir die nuwe heining wat ons om die huis, kapel en Sebastien se rondawel wil sit

-          ‘n Klein houtbrand stofie vir die kapel

-          Plante vir die kapel se tuin

-          Nuwe rakke vir die pottebakkersoond

-          3 garage-deure of enige groot deure wat as garage-deure kan dien

 

  • Vrywilligerswerk

-          Hulp by die skep van ‘n labarint

-          Help om die groentetuin te onderhou

-          Help met algemene instandhouding van die huis en fasiliteite

 

 

 


 

Baie dankie dat ons hierdie met julle kan deel.

 

And as long as I draw breath

May I be

A light for those who have lost their way,

A home for the forsaken,

A backstage pass to the great unknown

When all the seats are taken


                                                                                                            Antony Osler


Met liefde


George en Matilda



Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...