Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (145)

 

God, En Die Plek Waar Ek Bly


Ons stemme is só dik en krapperig van erge verkoues dat ons nie hierdie week 'n opname kon doen nie.

Ons hoop egter om steeds reg te laat geskied aan hierdie belangrike tema van die plek waar ons bly, ons huis, werf, omgewing, ons spasie, waar dit ook al is, as die ruimte waar God beleef word. Waar God is. Hoe meer intiem ons met hierdie spasie in al sy skakerings en seisoene betrokke raak, hoe intiemer raak die band met God.

Wallace Stevens het by geleentheid gesê:

"We live in the description of a place and not in the place itself."

Dit kan nie net 'n bolangse belewenis, 'n beskrywing, wees nie. Ons moet tussen die weefsels van ons plek ingaan. 'n Rusbank-benadering gaan nie die ding doen nie. Die belewenis en ontdekking moet op grondvlak gedoen word: Waar slaan die biesiegras uit na die baie reën? Die Swartsperwers was vanjaar stil. Hoekom? Het enigiemand 'n idee hoeveel grasspesies daar is? Hoekom borrel die fonteine juis op daardie plekke aan die voet van Tafelkop uit?

Wendell Berry is in hierdie dinge 'n belangrike gids. Sy wysheid lei ons in 'n aardse, ruim spiritualiteit in.

Hope
then to belong to your place by your own knowledge
of what it is that no other place is, and by
your caring for it as you care for no other place, this
place that you belong to though it is not yours,


Dis waaroor ons sou praat sou ons kon praat. 

 

 













Ons sluit af met hierdie gebed van Teilhard de Chardin:


God must be as vast as the Universe
and as warm as a human heart,
and incomparably more besides.
This is all we can say.



Met ons liefde.


George & Matilda





Comments

  1. Dankie George en Matilda. Vandag se bydrae lê op verskeie vlakke vir my na aan die hart want ek beleef die godskonsep deur die waarneming van die kleinste mikrobe, elke voël, wurm, vlinder tot die vêrste waarneembare galaxy in die kosmos. Ons tuintjie hier op kokanje het so gekrimp vanaf ons vorige blyplek dat ek en Marina al hoe nader aan elke voëltjie, elke rusper of bokkie (al vreet hulle soms aan ons plante) elke blommetjie, hoe miniatuur ookal met verwondering kan kyk. Ons het ook die waarde van veldgrasse ontdek vir die tuintjie. Daar is miniatuur grassies van 10cm tot bykans 2 meter met die pragtigste sade en pluime. Doe zoo voorts. Liefde Johan

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die deel van jul ervaring daar in julle nuwe blyplek. Dis so mooi om te sien hoe julle, wat ook aan oop en wye ruimtes en dele van ons land gewoond is, vreugde in die veel kleiner ruimte vind. Soms het ons net 'n blompot of 'n voëlbak nodig! Groete en liefde.

      Delete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (120)

Skuld as Motivering Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "I am convinced that guilt and shame are never from God. They are merely the defenses of the False Self as it is shocked at its own poverty — the defenses of a little man who wants to be a big man. God leads by compassion toward the soul, never by condemnation. If God would relate to us by severity and punitiveness, God would only be giving us permission to do the same (which is tragically, due to our mistaken images of God, exactly what has happened!)." Richard Rohr                 ~ ❖ ~ "It is about as hard to absolve yourself of your own guilt as it is to sit in your own lap. Wrongdoing sparks guilt sparks wrongdoing ad nauseam, and we all try to disguise the grim process from both ourselves and everybody else. In order to break the circuit we need friends before whom we can put aside the disguise, trusting that when they see us for what we fully are, they won't run away screaming w...