Liefde en Hartseer
Die Restory se program hierdie week reflekteer in 'n groot mate die groter Paastemas. Oor Paas-naweek bied die uitsonderlike Pippa Jarvis van Embrace Village 'n Expressions of Loss retreat hier by ons aan met die fokus op rou. Ander se verhale van verlies en hartseer vou ons menswees oop en roer ons juis omdat die herkenning en medelye deel van die proses is.
Oor die 5 dae wat dit duur, staan ons tydens die gebedstye soggens en saans stil by elemente van die treurproses, wat pragtig aansluit by en die temas van Paasfees nuwe betekenis gee.
Die opening- en afsluitgebede aan die begin en einde van die stilwordtye, is telkens net die reëls uit 'n gedig of ander literatuur wat die tema van daardie dag uitlig:
Donderdag
Goeie Vrydag
Stil Saterdag
Paassondag
Paasmaandag
Op die laaste dag van die retreat keer ons terug na die gebede van die eerste dag.
Voor die aanvang van die retreat, met ons alleen hier by Tafelkop gedurende die Heilige Week, het die vroegoggend se stap ons na skoon en vars oggende geneem. Dit het ons ingetrek in die Groot Liefde wat ons ook deur die donker valleie van ons menslikheid dra en lei. Soos Chesterton sê, die heelal is nie 'n raaisel wat ontrafel moet word nie, maar 'n wonder waarin ons onsself moet verlustig.
Hierdie pragtige stuk musiek van Lisa Gerrard en Patrick Cassidy se titel is I asked for love. Dis eintlik maar wat ons deurentyd doen, maar veral in ons swaar tye. En ons kry dit.










Comments
Post a Comment