Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (61)

 

Intussen 




Hierdie week, mense, het ons net glad nie by 'n gespreksopname uitgekom nie. Van vroeg tot laat, elke dag, het ons getrek.

Elke nou en dan vra ons vir mekaar: hoe is dit dat ons so baie goed het?

  • Moet ons nie al die boeke maar uitgooi nie? 

En al daardie stemme met wie ons in gesprek is stilmaak? En hoeveel retrestgangers het nie al voor die rakke gestaan en net die regte boek vir hul tyd en situasie gekry nie. Nee, ons kan nie.

  • Die pottebakkersateljee liewer toemaak? Dit gaan buitendien 'n paar maande vat voordat dit weer in produksie is op Tafelkop.

Dis egter waar ek, Matilda, my uitleef en waar hoeveel mense hulself tydens werkswinkels kreatief uitdruk. Dis ook 'n baie belangrike geestelike hulpmiddel. Ons kan nie.

  • Van die masjiene van my, George, se werkswinkel ontslae raak? 

Ons het inderdaad 'n hele paar groot ingenieursmasjiene verkoop, omdat daardie fase van George se lewe verby is en dit ook met oorbruggingskapitaal vir die tydperk wat ons nou ingaan, gaan help. Maar die werkswinkel spaar ons ook baie geld, omdat dit die hartkamer is van waaruit al die  herstelwerk en instandhouding by Die Restory gedoen word.

Nee, dit moet bly.

So het ons deur die lys gegaan en gesif, gedink, gesels en gekies. 

Dis aan die vrug van daardie onderskeidingsproses wat ons nou heelweek trek. Die goed wat ons retreatsentrum Die Restory laat wees.


Ons is dankbaar vir só baie hulp:

  • Familie wat gehelp het met pak en die inrig van die woonstel op Tafelkop
  • 'n 3 ton vragmotor  met diesel wat tot ons beskikking gestel is waarsonder ons nie die groot goed kon skuif nie
  • 'n stewige waentjie wat vir ons geleen word en waarmee ons berge verskuif
  • 3 werkers saam met wie ons oorlog toe sal gaan
  • 'n plaasbestuurder wat vir ons die lang gras om die woonstel op Tafelkop laat sny
  • Geldelike skenkings en rentevrye lenings om met hierdie gelaagde proses te help. Dis 'n ruimhartigheid wat ons telkens na aan trane het
  • Vriende wat kosmaak en aflewer om die trekspan gevoed te hou
  • Boodskappe en oproepe van bemoediging 

Die lys is lank. So baie dankie.

So, ons is byna daar. Die plan is om van eerskomende Maandag permanent op Tafelkop te wees en van daar die enkele los punte op Barrowfield op te bind.





Die oorblysels van Matilda se geliefde ateljee





Die katte en honde klou aan ons soos nete. Iets is aan die gebeur...



'n Leë kamer op Barrowfield





Die woonstel op Tafelkop voor die gras gesny is




Daarna



Die woonstel begin huis word




En dié gaan werkswinkel word




Die Restory is steeds Die Restory, nou net bietjie onder konstruksie met aanpassings.

Dankie dat ons nie alleen reis nie.

Al ons liefde.


George & Matilda







Comments

  1. Gister my laaste afskeid geneem, soveel positiewe groei daar beleef, my in trane gehad om afskeid te neem. Ek persoonlik kan nie eers begin weer hoe julle moet voel nie, op 'n positiewe nota, 'n nuwe begin en journey vir julle, altyd hier om te help, al is dit met uitpak..... Liefde, Marinetha

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.