Skip to main content

Gemaak pas

*


Stefan is een van Johan se werkers wat soggens die beeste melk. Ons het die weelde om dan, sonder dat ons hoef te bekommer oor voer of beeste aanjaag, koei-warm melk uit die kan te gaan skep.

Een oggend dra ek 'n paar ou tekkies van my saam met ons beker af melkery toe.

"This is a size 8, Stefan. Do you think you can use them? What size are you?"

Met groot belangstelling word die skoene by my gevat en van alle kante bekyk.

"I wear a size 9," sê hy, "or 8..."

Die waterskoene word uitgetrek en die tekkies aangepas. Vir 'n rukkie staan hy doodstil met sy oë stip teen die een muur asof hy sy brein kans gee om wat daar onder gebeur ordentlik te registreer. Dan skielik stamp hy elk van sy voete met die "nuwe" tekkies aan hard op die grond.

"Yes, they fit," kondig hy met 'n breë glimlag aan.

Met my vol beker melk loop ek terug huis toe en dink aan Dalene Matthee se Fiela se Kind. Wanneer Elias en Barta dorp toe gaan om die kind wat in die Langkloof gekry is te gaan uitken, probeer hulle so netjies as moontlik lyk om 'n goeie indruk te skep. Barta leen selfs 'n paar skoene by haar buurvrou Malie, maar dis te groot vir haar en dit flap aan haar voete met elke tree wat sy gee. Hoogs geïrriteerd laat Elias haar sit. Hy trek die skoene uit, pluk gras aan die kant van die pad en bondel dit voor in die skoene tot hulle Barta pas en sy siel kan rus.

Om een of ander rede het iets wat Joan Kruger jare gelede in 'n Rooi Rose geskryf het my nog altyd bygebly. Sy het vertel van haar pa wat arm grootgeword het en as jongman 'n paar skoene gekry het. Dit was te groot vir hom, maar het gepas.

"Want" het sy gesê, "'n arm mens het nie size nie."

Die minste wat ek onder die omstandighede vir Stefan kan doen is om 'n nommer 8 te dra. En selfs dit hoop ek sal my vergewe word.


George




* Source: http://walpapperde.blogspot.co.za/2015/02/35-best-shoes-hd-wallpapers.html





Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...