Skip to main content

Vetkoek met Marmite

Pa Frans op die swart stoel.
Pa kuier vir die naweek. Hy was lanklaas hier en is nou veel beter as ‘n klompie maande gelede. Hy klim viets uit die kar en loop met ‘n vinnige stappie die huis binne na die stamperige rit van Wakkerstroom af. Hy val met ‘n sug in die swart stoel, vou sy benerige vingers oor mekaar, kyk om hom rond en sê: “Ek kan nie glo ek is hier nie.”

Hy sit stil en kyk na ‘n “skop, skiet en doodslaan” fliek saam met George. So nou en dan staan hy op, loop kombuis toe en kom dan weer terug  en gaan sit. Die hoender staan en ontdooi op die kombuistafel. “Waar’s die aartappels wat ons moet skil vir die hoender?” vra hy. Of, “die vetkoek brand al.” Dit staan in 'n lou oond om te rys, maar sy lus hang al lankal uit daarvoor.

Hy is permanent honger. Dalk maar as gevolg van die medikasie maar die onderliggende obsessiwiteit met kos bly maar huiwer en ‘n mens sien dit wanneer hy byna koorsagtig eet. Ek probeer al sy gunstelinge ingepas kry in so ‘n naweek. Gisteraand was dit pannekoek, vanoggend “oats pap met heuning”, vanmiddag het ons wors gebraai en met mieliepap en ‘n tamatie-en- sampioensous geëet. Hy eet te heerlik met die bygeluide wat dit beaam. Nou en dan sal hy vir my kyk en sê: “Lekker.” Of “Kan ek nog kry?”

Vanaand eet ons vetkoek. Terwyl ek die deeg afknie en in ‘n oondpan deel om uit te rys, dink ek aan hoe hy al hierdie dinge gedoen het. Kosmaak was vir hom baie lekker. Sy suurlemoenhoender legendaries en die brode, met fyn kruiesprietjies gerangskik in die bo-kors, klein kunswerke. Hy is steeds ‘n fynproewer wat geure en kombinasies betref. Ek kan my voorstel hoe bleek die vaste spyskaart by die aftree-oord vir hom moet wees. Soms sê hy hy eet lekker daar, ander kere trek hy ‘n gesig.

Ek wou vandag krummelpap maak. Omdat hy so lief daarvoor is, maar dit is nie iets wat ek leer doen het nie. Ek vra hom om my te vertel hoe. Hy probeer. Hy sê dis mos maklik. Ek begin volgens instruksie maar as ek hom roep om my te sê of ek al kan begin roer, is hy onseker en benader die pot asof dit vir hom heeltemal vreemd is. Hy sê dis jare laas wat hy dit gemaak het.

Ons eet stywepap op die ou end. En hy “hmmm” soos wat hy sou vir krummelpap, ek is seker. Waar is die dae toe ek gevoel het ek doen niks goed genoeg in sy oë nie? Al wat ek nou daar lees is liefde en dankbaarheid. Liefde vir my, sy “oudste”. Dankbaarheid vir iets so eenvoudig soos vetkoek met botter en Marmite op ‘n kuiernaweek. En ek voel weer klein. Maar op ‘n ander manier.

Matilda



Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...