Skip to main content

God is groter as God




“We give God a name. 
We then equate God with the name we have given him, 
and in doing so we make ourselves, in effect, God’s God. 
Instead of acknowledging God as the source of our identity and existence, 
we make ourselves the self-proclaimed source of God’s identity. 
God then becomes the one made in our image and likeness.

Those engaged in the undertaking of naming God 
see themselves as participating in a holy work. 
They are the God-definers, the definition makers.” 


                                                                                                           -  James Finley




Wat ek hier skryf volg na aanleiding van 'n vorige bloginskrywing (Sien If God would go on a Sick Leave: A Poem of Peace)


'n Kort uiteensetting van my belewenis van die gedig:



Jerusalem is die stad waar die 3 groot monoteïstiese godsdienste, Judaïsme, Christendom en Islam deur die geskiedenis en geloofsoortuigings op een plek bymekaargebring is. Op unieke maniere sien elk van die gelowe die stad as onlosmaaklik en ononderhandelbaar deel van hul geloof.
Ironies genoeg is dit ook die plek waar daar te midde van al die gebede wat opklink en heiligdomme wat besoek word van die grootste vyandigheid en politieke struwelings tans in die wêreld voorkom.
Vir Rabbi Klein lê die kern van die probleem in elk van die groepe se beslaglegging op God en hul weiering om van geloofstandpunte af te sien. Elkeen voel geregtig op en geregverdig in hul sienings.
Die oplossing, so dink sy hardop, sou wees indien God uit die prentjie gehaal kon word. Dit sou as’t ware die vonk uit die kruitvat verwyder en die verskillende partye sou mekaar nie as godsdienstige teenstaanders sien nie, maar doodgewoon as medemense vir wie daar veel groter wedersydse begrip sal wees. As dit is wat dit sou vra om ‘n einde aan die eeue-oue stryd en bloedvergieting te bring, dan is die afwesigheid van God ‘n klein prys om te betaal.
Mens moet die hele tyd in gedagte hou dat hierdie ‘n gedig in die vorm van ‘n gebed is. Dis nie die woorde van iemand wat apaties of onverskillig teenoor God staan nie. Sy praat juis mét Hom oor hierdie netelige kwessie. En soos ek die Bybel lees, glo ek dat sy en God eintlik op dieselfde bladsy is. God sou selfs bereid wees om dit te doen as die mense Hom nie so ingetrek en geannekseer het nie.
Hierdie is ook die woorde van ‘n vrou wat só moeg is vir al die onmin en tragedie wat godsdienstige onverdraagsaamheid bring dat sy selfs oplossings sal oorweeg wat by eerste aanskoue as godslasterlik mag oorkom. 
Zoë Klein praat met God, maar wat sy sê is veel meer vir die ore van die 3 geloofstradisies bedoel. Dit vra van hulle om na hul prentjie van God te kyk. Hulle kan so besig wees om elk hul eie God te verdedig en dinge vir en namens Hom toe te eien dat ‘n totaal skewe beeld van Hom gevorm word. In die proses word soveel pyn en ellende veroorsaak en rig hulle oneindig meer skade aan as wat hulle God enigsins ‘n guns doen.

Die probleem lê dus nie by God nie, maar by mense se beeld van God en wat hulle dink Hy verwag. God moet nie op siekverlof gaan nie; van Godsbeelde moet afgesien word. Vandaar Meister Eckhart se opmerking: “God is groter as God.”


George








Comments

  1. Ek verstaan. Dankie.

    ReplyDelete
  2. Hallo George, wat 'n wonderlike gedig, en wat 'n wonderlike lesing daarvan. Dankie! Daar is net 'n klein glipsie: Rabbi Zoë Klein is 'n vrou.

    ReplyDelete
  3. Hallo Magdaleen. Sien jy nou waarom ek aan jou klou soos 'n neet? Dis inderdaad 'n geval van: Swak Piketberg! Ek moes doodseker gemaak het wie die Rabbi Zoë Klein is. Ek het die pragtige gedig gevind en AANGENEEM (baie groot fout en 'n lewensreël wat ek probeer volg - moenie net aanneem nie) dat daar nie vroulike rabbi's is nie. Wil jy nou meer! Ek het intussen gaan kyk - 'n interessante vrou. Waaroor ek op die koop toe bly is is dat ek haar nou as 'n moderne Joodse religieuse skrywer ontdek het. Ek glo ons kan soveel uit die Joodse tradisie leer en is op soek na meer van hierdie Joodse skrywers. Nogmaals dankie - ek maak my fout in my stuk reg.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (120)

Skuld as Motivering Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "I am convinced that guilt and shame are never from God. They are merely the defenses of the False Self as it is shocked at its own poverty — the defenses of a little man who wants to be a big man. God leads by compassion toward the soul, never by condemnation. If God would relate to us by severity and punitiveness, God would only be giving us permission to do the same (which is tragically, due to our mistaken images of God, exactly what has happened!)." Richard Rohr                 ~ ❖ ~ "It is about as hard to absolve yourself of your own guilt as it is to sit in your own lap. Wrongdoing sparks guilt sparks wrongdoing ad nauseam, and we all try to disguise the grim process from both ourselves and everybody else. In order to break the circuit we need friends before whom we can put aside the disguise, trusting that when they see us for what we fully are, they won't run away screaming w...