Vloedgolf
Hierdie week het soos 'n vloedgolf oor ons gespoel in die voorbereiding vir die jaarlikse Wakkerstroom Arts and Crafts Festival, kunstenaars en feesgangers wat oor die naweek op Tafelkop oorbly, retreatgangers wat van Maandag op 'n 4-dag gestruktureerde retreat kom en retreatgangers wat in volgende week op 'n 3-nag stil retreat kom. As deel van dit alles het ons die ou badkamer in 'n rolstoelvriendelike fasiliteit omskep.
Op die koop toe het dit Vrydagaand gesneeu.
Daar was net nie geleentheid vir 'n gespreksopname nie.
Die musiek is 'n eiland van rustigheid te midde van groot bedrywighede.
Comments
Post a Comment