Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (1)



Inleiding 

Ons begin hierdie week met 'n  nuwe faset van ons werk hier by Die Restory - gesprekke rondom sake en temas wat vir ons belangrik is, wat ons baie op ons lewensreis gehelp het, of wat hulself net op allerlei maniere aanmeld.

Ons sal baie graag wil hoor wat julle, ook as gespreksgenote, daarvan dink, so lewer asseblief kommentaar in die ruimte wat hier op die blog daarvoor beskikbaar is. Voorstelle is ook baie welkom. Indien jy sou verkies om dit eerder per e-pos te doen, stuur dit na gnangus@gmail.com.

Ons plaas 'n skakel na ons videos en ander stukke op die blog ook op The Restory Retreat Centre se Facebook blad. Indien jy ons daar sou volg, sal 'n kennisgewing outomaties deurkom sodra ons iets hier op die blog plaas. 

Baie dankie vir jul groot aandeel aan ons werk!


Comments

  1. Dankie. Nommer een is dit lekker om julle te hoor gesels. Sien uit na verdere gesprekke. Ek dink ons woon in n land waar dit maklik is om ingesluk te word deur dit wat jy sien en hoor en waaraan jy niks kan doen nie. Om n balans te vind tussen hierdie daaglikse werklikheid en my eie geestelike reis is n uitdaging.

    ReplyDelete
  2. Thank you for deciding to do this, I love the concept of having conversations about meaningful topics. I’ve loved the conversations we’ve had during online retreats and love The Restory blog. Your social media posts draw me to The Restory and I hold onto hope that one day I will be able to have face to face conversations, walk in the places you photograph, sit in the bench under the tree and visit with the cows as they stand in the cosmos 😁 I didn’t struggle too much with the Afrikaans. Looking forward to the next conversation, thank you 🙏🏻

    ReplyDelete
  3. Liewe George and Matilda, baie dankie vir die uitnodiging om deel te wees van hierdie wonderlike gespreksforum om oor dinge van belang en gesstelike verreiking te kan gesels... Ek sien baie uit daarna en wil graag op hoogte gehou word van nuwe gesprekke...

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (120)

Skuld as Motivering Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "I am convinced that guilt and shame are never from God. They are merely the defenses of the False Self as it is shocked at its own poverty — the defenses of a little man who wants to be a big man. God leads by compassion toward the soul, never by condemnation. If God would relate to us by severity and punitiveness, God would only be giving us permission to do the same (which is tragically, due to our mistaken images of God, exactly what has happened!)." Richard Rohr                 ~ ❖ ~ "It is about as hard to absolve yourself of your own guilt as it is to sit in your own lap. Wrongdoing sparks guilt sparks wrongdoing ad nauseam, and we all try to disguise the grim process from both ourselves and everybody else. In order to break the circuit we need friends before whom we can put aside the disguise, trusting that when they see us for what we fully are, they won't run away screaming w...