Our Town: 1943 skildery deur L.S. Lowry “Today as I stood whipping up a new batch of cream, sunlight brightening the kitchen, the fragrance of lavender heavy in the air, the moment felt infused by God. Every minute detail of colour, fragrance, variety, use and beauty matters. Everything matters. Everything speaks of care. Of love. Of God.” Dit was daardie laaste paragraaf in Matilda se stuk Whipping up some love wat my weer die digbundel uit die boekrak laat trek het. My vingers ken teen dié tyd die paadjie al goed na Jan Swanepoel se Die ganse dag is ene God , een van my gunsteling gedigte. soos destyds is U ook vandag nie in die donker onweer nie, nie in die weerlig wat die hemel helblink skeur as teken van u krag; al luister ek hoe fyn vandag: selfs in die ligte ruising van die wind is U ten ene male nie, maar oral in my oë en ore: die ganse dag is ene God: ‘n swaeltjie swenk en vou die hemel blou-blou om sy rug ‘n geelvink sk...