Skip to main content

Kom laat ons boeke vat


“Vertel vir my ‘n storie” is ouer as honger, dwingender as koud.
                                                                              Cecile Cilliers

Ek het dit al tevore genoem – dat daar op ‘n spesifieke tyd in my lewe temas en onderwerpe aanmeld waaroor ek nie doelbewus beheer het nie. Dis nie asof ek daarna gaan soek of daaroor uitvra nie. As ek maar weer sien staan hulle voor my deur. Sulke tye weet ek dat ek iets moet hoor en ag moet slaan.

Die afgelope paar weke was dit weer so.

Eers het ek en Matilda ‘n gesprek gehad met iemand wat baie jare onderwys gegee het. Veral tale, op die ou einde byna uitsluitlik Engels, tweede taal. Sy vertel hoe sy aan die begin van een skooljaar die voorgeskrewe boek, Lord of the Flies van William Golding uitgedeel het en toe sy net mooi deur die klas is steek een van die seuns wat eerste gekry het sy hand op en vra: “Miss, must we really read this book? I’ve gone through the summary on the back so I know what it’s about.”

In ‘n vinnige, ongeduldige wêreld waar almal net hul oë vinnig oor ‘n teks wil laat dartel en letterlik binne sekondes wil weet wat hulle glo die punt is, kry geskrewe stories dit hotagter. Ons s’n is die era waarin gevoelens en emosies opgebind word in emoticons, blosende, huilende, laggende gesiggies uit handige lêers en LOL’s en ironies genoeg TLTR’s (too long to read) akronieme. 



Dit maak diep gesprekke wat ‘n aanloop het ‘n rariteit, om te luister ‘n verlore vaardigheid en oumense wat dinge herhaal en nie tot die punt kom nie ‘n enorme frustrasie. En eintlik maak dit ons almal vrekbang om oud te word, want ons weet sommer uit ons eie optrede, dat die kanse skraal is dat daar iemand gaan wees wat na ons luister wanneer ons ook eendag daar kom.

In onderhoude wat met bekende woordmense in die 2015 Winteruitgawe van Taalgenoot, die ATKV-tydskrif, gevoer is en wat ek die afgelope naweek lees, duik dieselfde temas weer op. 

Antoinette Kellerman, bekende aktrise en lektrise by die dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch sê: “Dis ‘n stryd om met ‘n generasie te werk wat nie lees nie, wat nie in die straat stap en waarneem hoe ‘n oumens byvoorbeeld loop nie. Hulle lees nie koerante nie, ken nie die geskiedenis nie en is net ingestel op wat op die digitale skerm aangaan.” 

Digter Antjie Krog meen dat dit die grootste moontlike geskenk is wat ‘n mens ‘n kind kan gee wanneer jy van kleins af, vandat hulle kan hoor, vir hulle lees. En dat versies en rymelary nie onderskat moet word nie: “Daar word beweer dat ‘n Engelstalige kind in 1945 maklik 10 000 woorde geken het. Vandag is dit skaars ‘n duisend. Een van die belangrikste redes vir die agteruitgang is glo dat ouers nie meer vir kinders rympies en berymde gedigte lees nie.” 

Skrywer Pamela Brown het jare terug al hierby aangesluit: 
“We have entered a world of shorthand, precis, digest, summary, news flash, comic strip. We are bombarded with visual images, cutting from one to another, stabbing at the mind and put out with the rubbish sacks at the end of the week.
The novel that took a man or woman years to create - in research, in planning of the plot and counter-plot, in construction - each word chosen, each phrase weighed against another, themes recurring, climaxes achieved - is now reduced to a four part serial, produced with pride in the accuracy of its sets and costumes, brilliantly acted, the music of the background authentic to the period. The words, but not the minds. The science, but not the significance.
The book has been made a thing to watch, not to live. We must fight to save the written word as we fight to save the whale. We must keep in our minds, a place apart, a sanctuary, where a lamp lights only the table at which we sit, where the curtains are drawn against the present time. Let us begin.” 
Dit het sy gesê voordat die digitale era nog behoorlik posgevat het. Die moeilikheidgraad van haar oproep het intussen effens verhoog, om dit sagkens te stel. 

Ek weet nie mooi wat die oplossing is nie. Ek sou nie net wou verval in ‘n “dis darem tragies wat van die moderne jeug en mense in die algemeen word nie.” Dit gaan niks help nie. En daar is altyd hoop. Waar daar boeke en woorde is is daar hoop. Stories sal nie uitsterf nie. Dis in ons bloed. Min of meer in dieselfde tyd waarin hierdie hele tema opgeduik het, het ek immers ook van ten minste vier  aktiewe boekklubs gehoor. Mense gesels inderdaad nog oor boeke. 

Maar terug by die moontlikhede wat mag help in die soek na oplossings: 

Ons kan doodeenvoudig begin deur meer vir ons kinders te lees. Ons wat lief is vir lees moet aanhou lees en met kinders en jongmense gesels oor ons liefdes en waarom ons daarvoor lief is. Nie om te dweep of met die oog uitsluitlik op bekering nie. Maar om die liefde te laat oorloop en horisonne te verbreed; lewens te verruim. Hulle moet agterkom dat lees werk en waarde het wanneer hulle ervaar dat ons na hulle luister. Ek dink dit sal al baie help wanneer hulle sien dat lees op ons ‘n uitwerking het, hopelik ten goede. As ons ‘n storielyn in ‘n roman kan volg, kan ons darem seer sekerlik tyd afstaan en hoor hoe hierdie mens wat oorkant my sit haar eie, unieke storie vertel.





En ons wat deur lees weet dat drake, kabouters, vlieënde perde en pratende honde regtig is, kan darem seker ook aan ons eie kreatiewe maniere dink om lees te bevorder. In 'n land soos Suid-Afrika mag dit selfs nodig wees om op so 'n basiese vlak te begin dat ons mense wat glad nie kan lees nie daarmee help.

Vir ons boekmense mag dit ‘n groter uitdaging wees as wat ons dink. Dit mag beteken dat ons ons neuse tussen die blaaie uithaal en mense in die oë kyk en ons oor na hulle toe draai. Ironies genoeg is ons dit aan ons boeke verskuldig. 

Waar ons boekwurms, in ons groter medemenslikheid en sosiale betrokkenheid, egter tyd gaan kry om in ons vol dae wel leestyd in te ruim vir ons geliefde boeke, weet ek ook nie mooi nie. Ek werk aanhoudend daaraan. Ek pak tans juis Oscar Wilde se The Picture of Dorian Gray in my sak in elke keer wanneer ek dorp toe gaan. Mens weet nooit wanneer jy die luukse gaan tref om in ‘n tou te staan en moet wag nie. Dit is ek aan myself verskuldig. 

Kom ons begin. 


George




Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...