Foto deur George Angus Ons kat Patat, het ‘n handige stert. Dit is gekalibreer in tien netjies gespasieerde strepies wat “ patats ” genoem word. ‘n Patat is die eenheid waarin katirritasie gemeet word. So ‘n gekalibreerde stert staan bekend as ‘n “ Watchitometer ”. Jy begin by die punt en lees dit na sy lyf toe. Lê hy by ons op die bed en jy vat aan sy een agterpootjie, dan knak sy stert mooi op die tweede strepie. Die 2 patats sê “Watch it!” Jy vat aan elk van die toontjies aan daardie selfde poot. Die Watchitometer gaan op na 5 patats toe. Jy los die pootjie en druk-druk sy dy tussen duim en wysvinger en sê: “Jy word lekker vet, nè.” Sy hele lang stert krul en lewe daar van sy boud af. “Ek het gesê watch it!” interpreteer jy die 10 patats . Sou jy die lesings ignoreer en met jou lawwigheid aangaan, doen jy dit op eie risiko. Jy is gewaarsku. Dan gaan hy jou nie eers sy strepie-stert laat lees nie. Hy gaan net sy ore plattrek, jou hand met albei vo...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.