Skip to main content

Watchitometer

Foto deur George Angus



Ons kat Patat, het ‘n handige stert.

Dit is gekalibreer in tien netjies gespasieerde strepies wat “patats” genoem word. ‘n Patat is die eenheid waarin katirritasie gemeet word.

So ‘n gekalibreerde stert staan bekend as ‘n “Watchitometer”.

Jy begin by die punt en lees dit na sy lyf toe.

Lê hy by ons op die bed en jy vat aan sy een agterpootjie, dan knak sy stert mooi op die tweede strepie. Die 2 patats sê “Watch it!”

Jy vat aan elk van die toontjies aan daardie selfde poot. Die Watchitometer gaan op na 5 patats toe.

Jy los die pootjie en druk-druk sy dy tussen duim en wysvinger en sê: “Jy word lekker vet, nè.” Sy hele lang stert krul en lewe daar van sy boud af. “Ek het gesê watch it!” interpreteer jy die 10 patats.

Sou jy die lesings ignoreer en met jou lawwigheid aangaan, doen jy dit op eie risiko. Jy is gewaarsku. Dan gaan hy jou nie eers sy strepie-stert laat lees nie. Hy gaan net sy ore plattrek, jou hand met albei voorpote gryp en jou byt. ‘n Meter is net so handig soos die oog wat hom lees.

Vir The Restory resepteboek werk ons nou aan resepte waar die bestanddele in patats gemeet word. “Neem 6 patats meel, voeg 2 patats olie by…” Ons reken dit sal ‘n skade wees om so ‘n mooi katstert nie beter te benut nie.

Vraag is net: kan mens ‘n Watchitometer se battery uithaal sodat hy minder in die meel kriewel?

Aan die ander kant, selfs al sou jy kon, dink ek nie so ‘n lewelose katstert-tert gaan na enigiets proe nie. Dis net anders as daar op die ander punt van jou lang gemmer meetstok ‘n kop met ‘n bekkie sit wat jou hap.


George


Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...