Skip to main content

Goeie Vrydag, maar anders

Peter Paul Rubens, The Descent from the Cross, 1612 -1614


Thus the overflow from things
pours into you.
Just as a fountain’s higher basins
spill down like strands of loosened hair
into the lowest vessel,
so streams the fullness into you,
when things and thoughts cannot contain it

                                                                               Rainer Maria Rilke, The Book of Hours II, 10

~

U weet

dat ek nie die kruis verstaan nie.

As ek doodeerlik moet wees, dan moet ek sê dat ek nie ten volle begryp wie Jesus regtig was of wat die implikasies van sy koms was of is nie.

Op ‘n stadium het ek die dogmatiese uitsprake oor Sy persoon, Sy lewe en Sy dood op die punte van my vingers geken. Mens sou kon sê ek het al die regte godsdienstige geluide gemaak.

Ek het gesê dat ek Jesus as my persoonlike verlosser en saligmaker aanvaar het en dat ek glo dat Hy vir my sonde aan die kruis gesterf het.

Ek het absoluut geglo wat ek gesê het.

As ek nou terugkyk besef ek dat ek deur al daardie bekende frases te gebruik eintlik meer in my geloof geglo het as in Jesus. Ek het deur al die regte hoepels wat opgehou is gespring en dit geloof genoem.

Ek weet nou dat ek so min wéét.

Alles wat tevore in geloofsbeton en geykte geloofstaal gegiet was is vir my nou veel meer struikelblok as basis. Dit doen dit net glad nie meer vir my nie. Dit voel dikwels vir my asof ek deur lae geloofsversiersuiker moet breek om by die doodgewone brood van die lewe uit te kom. Ek ontdek geloof en U nou aanhoudend asof vir die eerste keer en my grootste uitdaging is om eerder geloofsbagasie af te leer as om nuwes by te leer.

Vandag, op Goeie Vrydag, staan ek soos die vroue destyds, en hou die kruisgebeure op ‘n afstand dop.

Kry ek meer uit ‘n Rubens-skildery as uit ‘n dogmatiese of leerstellige uitspraak.

Wat ek wel sien is ‘n dooie gewig wat met menslike hulp van die kruis afkom.

Ek sien dat te midde van die toneel waar daar laat sak word, vasgehou word, asems jaag, die enigste onaktiewe element in die hele skildery die dooie Jesus is. “Het jy hom?” wat met ‘n aangee gevra word klink hier heeltemal anders en meer eg as die “Het jy Hom al ontmoet?” waarmee ek grootgeword het.

Ek sien teerheid en liefde in spiere en vingers, ‘n rug wat onder gewig buig en ‘n doodskleed wat doodgewoon prakties tussen tande vasgebyt en styfgehou word.

Snaaks genoeg, ek sien ‘n God wat in ons glo en vreemd broos en weerloos is.

En al verstaan ek nie, wil ek my hand onder U knie inskuif en my vingers om U kuit vou.

Amen.


George





Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (120)

Skuld as Motivering Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "I am convinced that guilt and shame are never from God. They are merely the defenses of the False Self as it is shocked at its own poverty — the defenses of a little man who wants to be a big man. God leads by compassion toward the soul, never by condemnation. If God would relate to us by severity and punitiveness, God would only be giving us permission to do the same (which is tragically, due to our mistaken images of God, exactly what has happened!)." Richard Rohr                 ~ ❖ ~ "It is about as hard to absolve yourself of your own guilt as it is to sit in your own lap. Wrongdoing sparks guilt sparks wrongdoing ad nauseam, and we all try to disguise the grim process from both ourselves and everybody else. In order to break the circuit we need friends before whom we can put aside the disguise, trusting that when they see us for what we fully are, they won't run away screaming with, if nothing wors