Kunsmatige Intelligensie Wat Sal Ek Mis As Menslikheid Sou Vervaag Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Kreatiewe Stuk Vanaf hierdie week se bloginskrywing bring ons 'n nuwe faset by - iets kreatiefs in watter vorm ook al, wat sonder woorde uitdrukking aan die tema gee. Hierdie week is dit die bekende skildery van Joseph Turner, "The Fighting Temeraire" (1838). ’n Ou, glorieryke hout-oorlogskip (die Temeraire, wat nog in die Slag van Trafalgar geveg het) word teen ’n sonsondergang weggesleep deur ’n klein, swart, rokende stoom-sleepboot om opgebreek te word. Dit is seker die beroemdste visuele metafoor vir die oorgang van die ou, handgemaakte, windgedrewe wêreld na die koue, doeltreffende masjien-era. Die stoomboot gee nie om vir die geskiedenis of die skoonheid van die houtskip nie; dit is bloot doeltreffend. Die woord Temeraire beteken letterlik "die een wat dit waag" of "die onverskrokke een" (van die Franse téméraire). En die skip het haar naam her...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.