Kontemplatiewe Samekoms 2026
Ons nooi jou hartlik uit na die tweede Kontemplatiewe Samekoms in Wakkerstroom.
Van Behoort na Lewe
Verlede jaar het ons saam ontdek wat dit beteken om te behoort—om 'n rustige tuiste vir die siel te vind in God se teenwoordigheid en by mekaar. Vanjaar beweeg ons dieper na die vrug van daardie tuiskoms: Ten volle lewendig.
Wat beteken dit om werklik lewendig te wees in 'n wêreld wat ons dikwels oorweldig, afstomp of weghou van die huidige oomblik?
Die Pad van Teenwoordigheid
Christelike kontemplatiewe spiritualiteit is nie 'n vlug wég uit die lewe nie, maar 'n reis tot betrokkenheid daarin. Dit is die doelbewuste keuse om stil te word, die geraas af te skakel, en met 'n oop hart teenwoordig te wees by die Ewige. Hierin ontdek ons dat die Gees ons nie net roep tot oorlewing of plig nie, maar tot 'n oorvloedige, bewuste lewe.
In die gedeelde stilte, die uitruil van stories, en die rustige ritme van die naweek, herontdek ons die polsslag van hierdie ou, beproefde pad. Jy is nie alleen op hierdie reis nie; kom vind nuwe besieling saam met medereisigers.
Wat om te verwag
Hierdie naweek is nie 'n tipiese, gestruktureerde retreat nie, maar 'n ruim samekoms in die historiese dorpie Wakkerstroom. Die program is doelbewus ontwerp om jou siel te laat asemhaal:
- Meditatiewe sessies & refleksie: Tyd om bloot te wees.
- Gekoesterde samesyn: Groep- en paneelbesprekings waar ons praktiese wysheid uitruil.
- Ruimtes van stilte: Die dorp se pragtige historiese kerkgeboue sal oop wees vir persoonlike stilte en nadenke.
- Kontemplatiewe erediens Sondagaand in een van die historiese kerkgeboue in Wakkerstroom. Die diens word deur ds Peet Boshoff gelei.
Vrydag, 7 Aug 2026
17:00 – 19:00 Welkom in Wakkerstroom Sop en Brood
19:00 – 21:00 Opening: Intree in die Samekoms
Saterdag, 8 Aug 2026
06:30 – 08:00 Bewustelik loop, Meditatiewe Sit, Kraanvoëls
08:00 – 09:30 Ontbyt Selfsorg
09:30 – 11:00 Sessie 1: “Ten Volle Lewendig – Wat beteken dit?”
11:00 – 11:30 Tee / Koffie
11:30 – 13:00 Sessie 2: “Ten Volle Lewendig – Hoe?”
13:00 – 14:00 Middagete Selfsorg
14:00 – 18:00 Ontdek Wakkerstroom, Rus
18:00 – 21:00 Braai & Vuurput Eie vleis & drinkgoed
21:00 Rustige nag
Sondag, 9 Aug 2026
06:30 – 08:00 Bewustelik loop, Meditatiewe Sit
08:00 – 09:30 Ontbyt Selfsorg
09:30 – 11:00 Sessie 3: “Ten Volle Lewendig - Paneelbespreking”
11:00 – 11:30 Tee / Koffie
11:30 – 13:00 Sessie 4: “Ten Volle Lewendig – Waar?”
13:00 – 14:00 Middagete @ The Restory Bring en deel
14:00 – 18:00 Ontdek Wakkerstroom, Rus
18:00 – 21:00 Kontemplatiewe Diens
21:00 Rustige nag
Maandag, 10 Aug 2026
06:30 – 09:00 Bewustelik loop, Meditatiewe Sit
09:00 – 10:00 Gesamentlike Ontbyt - Wakkerstroom: Opbind en Samevatting
10:00 – Afskeid en vertrek
Praktiese Reëlings
Taal: Die geleentheid sal in Afrikaans en Engels aangebied word.
Vir meer inligting en die skakel na die besprekingsvorm:

Comments
Post a Comment