Skip to main content

nota aan die stadsraad

Foto deur Amanda White


meneer,
vandag is die wind ‘n ou viool.
trouens,
kragtens musiek
is vandag se winter méér vertroostend;
die platkopdenne byvoorbeeld:
uitgerafelde slae van ‘n dowwe tamboer.
die punt, egter, is:
op die groen tralies
voor die huis wat so lank leeggestaan het,
met, tereg meneer die stadsklerk,
bláre
op die vensterbanke,
vermoedelik véél gevaarliker
vlermuise in die nok –
op dié groen tralies
waaragter ag, waaragter géén
geheime huis (met tampende staan-
horlosies ‘n bont papegaai
ivoorpatrone op ‘n ronde tafel)
meer bouvallig mag kantel nie;
op dié groen tralies, geagte meneer –
hoe sal ek dit formuleer –
op dié groen tralies
dans vandag
die blink glissando’s van die son.


             Marlene van Niekerk


Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.