Quiet moment. Photo by Matilda |
Hoe kom ek daar
waar Rilke God se slippers* is
en Hafiz se brood, die wye lug**?
Hoe kom ek daar
waar ek vir myself mooi
soos Rilke fluweelslippers is?
Waar Hafiz en Rilke met God speel?
So klink dit, met min ontsag
of dan met soveel inherente agting vir hulself
dat dit mag;
Dat God speelmaat vir hulle durf wees
en hulle ongetwyfelde bemindes.
Hoe word ek Beminde?
As ek vir myself so ver tekortskiet;
blind daarvoor dat met die ferweel van my lyf reeds afgeskif
ek steeds geliefde en verkose slippers bly.
Hoe kom ek daar waar Rilke is?
Om God met elke asemteug te snap
en terug te antwoord
in die kamers van my lyf.
Matilda Angus
3 April 2016 (Tydens die skryfretreat)
-----+-----
*What will you do, God, when I die?
I am your pitcher (when I shatter?)
I am your drink (when I go bitter?)
I, your garment; I, your craft.
Without me what reason have you?
Without me what house
where intimate words await you?
I, velvet sandal that falls from your foot.
I, cloak dropping from your shoulder.
What will you do, God? It troubles me.
- Rainer Maria Rilke
-----+-----
Comments
Post a Comment