Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (43)

 

 Eensaamheid Op Die Reis 



Die Gesprek 






Elemente Uit Die Gesprek 








Musiek 


Die video van die 4-jarige Rylyn Clark wat tydens die Corona-epidemie in 2020, Bob Marley se Three Little Birds sing, het by baie 'n diep snaar geroer. 

Ons het dit vir vandag se blog-inskrywing gekies, nie om te sê dat ons eensaamheid in al sy vorms maar ligtelik afgemaak kan word met 'n "Moenie bekommer nie, alles sal reg wees" nie. Met dieselfde deernis as klein Rylyn wil ons ook oor afstand uitreik, konnekteer, en sommer net 'n klein bietjie troos.

Rylyn se ma het kort nadat sy video op die internet begin sirkuleer het, 'n bietjie agtergrond gegee. Sy het gereeld Three Little Birds vir hom gesing wanneer sy hom saans in die bed sit. Tydens die epidemie was dit vir hom sleg dat hy nie gereeld by sy Nana, Oupa en die ander familie kon wees nie. Toe sing hy sy slaapliedjie wat hom so getroos het vir hulle, want hulle is die mense wat vir hom lief is en hom koester, en hy het daardie konneksie baie gemis. Hulle het die video vir die familie aangestuur . . . . en toe sien die wêreld dit.

In hierdie verwerkte opname wat oorspronklik op TikTok verskyn het, het Rylyn begeleiding en agtergrondsangers.

Vandag, vir jou.






Baie liefde.


George & Matilda  

Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (110)

Die Week Na 'n Dood Sebastien op sy gelukkigste - by water, besig om vis te vang Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Sebastien het altyd gesê, "I like old music.' Hy het. Billy Joel se Piano Man  was vir baie lank die ringtone op sy foon. Dat ons só gelukkig kan wees, dankie Sebas. George & Matilda  

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (120)

Skuld as Motivering Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "I am convinced that guilt and shame are never from God. They are merely the defenses of the False Self as it is shocked at its own poverty — the defenses of a little man who wants to be a big man. God leads by compassion toward the soul, never by condemnation. If God would relate to us by severity and punitiveness, God would only be giving us permission to do the same (which is tragically, due to our mistaken images of God, exactly what has happened!)." Richard Rohr                 ~ ❖ ~ "It is about as hard to absolve yourself of your own guilt as it is to sit in your own lap. Wrongdoing sparks guilt sparks wrongdoing ad nauseam, and we all try to disguise the grim process from both ourselves and everybody else. In order to break the circuit we need friends before whom we can put aside the disguise, trusting that when they see us for what we fully are, they won't run away screaming w...