Skip to main content

Homo Intelligens


 My pa
het
sy verstand
op
Kromdraai
gekry.

Lank
voor
enigeen
van hulle
van
‘n Wêrelderfenisgebied
geweet
het.
Dit
was
bloot
die
plek
van sy kinderjare
waar
hy
in
die veld en rivier
gespeel
het.
Nou,
op sy oudag,
vandat
hy begin vergeet
het
watter
dag
dit
is
en
hy
angstig
aantekeninge
op die kalender
maak,
het
sy
dwalende gedagtes
asof
vanself
omgedraai.
Loop
hulle
terug
na
sy begin
toe.
Kromdraai
toe.
Hy
raak
al hoe meer tuis
in
‘n
vervloë tyd
wat
ek
nie
ken
nie.
My pa
word
algaande
al
meer
gesus
in
die Wieg van die Mensdom.

                                                    George

Comments