Skip to main content

Die ganse dag is ene God

Our Town: 1943 skildery deur L.S. Lowry


“Today as I stood whipping up a new batch of cream, sunlight brightening 
the kitchen, the fragrance of lavender heavy in the air, the moment felt infused
by God. Every minute detail of colour, fragrance, variety, use and beauty
 matters. Everything matters. Everything speaks of care. Of love. Of God.”

Dit was daardie laaste paragraaf in Matilda se stuk Whipping up some love wat my weer die digbundel uit die boekrak laat trek het. My vingers ken teen dié tyd die paadjie al goed na Jan Swanepoel se Die ganse dag is ene God, een van my gunsteling gedigte.

soos destyds is U ook vandag
nie in die donker onweer nie, nie
in die weerlig wat die hemel
helblink skeur as teken
van u krag; al luister
ek hoe fyn vandag: selfs in die ligte
ruising van die wind is U
ten ene male nie, maar oral
in my oë en ore: die ganse dag
is ene God: ‘n swaeltjie
swenk en vou die hemel
blou-blou om sy rug ‘n geelvink
sketter vol van son, vandag
weerklink U in my kind
se skaterende skaterlag.

Die ganse dag is ene God...

Soms dreig ‘n groot moedeloosheid om oor my te spoel as alles so verchristelik word – Christelike musiek, Christelike literatuur, Christelike kuns. Veilig in ons Christelik afgebakende gebiede waak ons oor God en sy belange. Asof dit wat buite hierdie Christelike enklawes val boos en minderwaardig is.

En die groot wye, wonderlike wêreld daarbuite? En die ganse Goddelike dag dan? Waar het ons die idee gekry dat ons God ‘n guns doen as ons Hom klein maak? En dat Hy beskerming nodig het?

Hy pas nie in nie. Dis die hele punt. Nie in ons boksies, terme, dogmas of beelde nie. Hy kook oor, spat uit en spoel regoor hierdie hele planeet van ons, die ganse kosmos in. Alles is ene God. Nie net daardie ruimtes wat ons vir Hom gereserveer het nie.

"...hy weet nie van afsondering nie sit nie
skilderagtig geraam in die hemel nie hy is oral..."

                                                                                T. T. Cloete

Dáár wil ek Hom sien, ontdek, ervaar, leer ken. Oral.

Walter Brueggemann was reg (Sien die stuk And then You). Hierdie begeerte gaan my waarskynlik meer rek as waarop ek gebargain het.


George





Comments

  1. Gisteraand se pinksterdiens het gegaan oor 'Hoe raak geloof jou verstand?' Baie vrae is gevra oor die skepping, ons interaksie, ons nietigheid, ons waardevolheid, ens. Kom ons gebruik ons verstand om dit uit te werk. En die antwoord was: Dit is God.

    ReplyDelete
  2. Inderdaad.

    Mens sou dit hopelik nog verder wou uitbrei: hoe raak geloof jou intuïsie, jou liggaamlikheid, jou emosies, jou ervarings? Ons in die Weste gee, voor ons ons kon kry, aan die verstand hierdie oordrewe ereplek, die spil waarom alles wentel, dié instrument waarmee ons met die wêreld omgaan. Dit trek dinge skeef en laat ons mank. God wil ons lei tot geïntegreerde lewens waar al die fasette van ons menswees saampraat en belangrik is. Selfs ons skadukant en baie ander dinge waarvoor die intellek nie die beste hulpmiddel is om tot dieper weet en insig te kom nie.
    Die verrassende is dat so 'n integrasie lei tot 'n nuwe waardering vir die bydrae van die verstand as een van verskeie vermoëns wat ons volledig in ons menswees laat tick.
    Ek staan telkens verstom voor God se vermoë om dinge op hulself te laat terugvou en ons met hierdie troostende paradokse te laat. Selfs die verstand kan ingespan word om tot die slotsom te kom dat hy nie alles is nie en beperk is in sy reikwydte.
    Dit is God wat deur verskraling tot verruiming kan lei.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...