Sinvol Rus?
Die Gesprek
Elemente Uit Die Gesprek
'n Goeie maatstaf vir 'n tyd van rus:
Kreatiewe Stuk
Kyk ons na die Deense skilder, Carl Vilhelm Holsøe (1863-1935) se 'Interior, Light of Spring', sit ’n vrou, alleen met die lig. Sy het geen lysie nie. Sy is nie besig om die finansies te balanseer nie, of iets "nuttigs" te doen nie, al is die boek op die tafel. Sy sit net. Nie iemand wat tyd mors nie, maar iemand wat besig is om te rus in haar eie menswees.
Miskien is ons winter hier op Tafelkop ons eie Holsøe-interieur, waar die grootste uitdaging is om te leer dat ons waarde nie in die boek op die tafel lê nie, maar in die lig wat deur die venster op ons val.
Musiek
Soos altyd, met liefde en wense dat dit goed gaan met julle.
George & Matilda






Comments
Post a Comment