Kry wolke seer?
(Met apologie aan
Hildegard Knef)
Wie blaas die winde
op hul baan?
Kan oseane
ook gaan staan?
Wie knoop die sterre
tot ‘n kruis?
Sal skulpe elders
anders ruis?
Kry wolke seer
wat skielik val?
Het hobbelperdjies
ook ‘n stal?
Wie knip die kleed
vir Tafelberg?
Kan vredesduifies
hul vererg?
Kan eendagmooi
ook langer hou?
Trou jakkals wél
met wolf se vrou?
Wat is dit wat
die mantis bid?
Kan slange knak
en regop sit?
Ek is nie meer
‘n kindjie klein,
want vragies hou
my hart onrein
en neem van my
die amen-sê
waarin ons rus
en vrede lê.
Hennie Aucamp: Teen
Latenstyd
Comments
Post a Comment