Oppad na Queenstown, Nieu Zealand. Foto deur Matilda |
Ek
klim bergop.
Die
dors roep duisend stemme sterk.
‘n
Bergval skink die kranskom vol en hou dit na my uit:
Hier, kom
drink.
In
my staan die wete op dat dors murgdiep begin.
Ek
stroop die roukleed van my lyf
en
duik
uitbundig
plotseling
die berg se yskelk
in.
Ek
snak.
Lewe
stroom by duisend kele in.
Ek
snak.
En
been word vin.
Matilda
Comments
Post a Comment