Skip to main content

Die Dae




"No one suspects the days to be gods."

                                                            Ralph Waldo Emerson



Maart is Klassieke Musiekfees-tyd op Wakkerstroom.

(Vanjaar se datums: 17 – 20 Maart)

Dit is die grootste geldelike inspuiting vir ons dorpie wie se hoofproduk vir die res van die jaar ironies genoeg stilte is. Ry jy nou in die hoofstraat af sien jy hoe daar oral gevee, geverf, gewas en gewerskaf word om al die besoekers te ontvang. Vir ons as plaaslike kunstenaars is dit ook ‘n groot geleentheid en van vroeg tot laat is ons aan die skep vir die veskillende uitstallings.

Wanneer ek egter aan die Musiekfees dink, dan is dit die tipe dae wat ons gewoonlik oor hierdie tyd op die Hoëveld beleef wat aanhoudend by my opkom.

Die reënval was vanjaar baie beter as verlede jaar, die veld is pragtig en die lug koel. Die dae hang skoon en stil, soos aan toutjies en stamp sag teen mekaar wanneer die ligte wind aan hulle roer.

Ons skep en maak musiek in dae wat self kuns en fyn windklingels is.


George






Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (66)

  Retreat   Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met ons liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (95)

Stil In Die Gemaal Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek In opera kry mens dikwels hierdie stiltes vervleg met 'n veel onstuimiger agtergrond. Lied aan die Maan  van Antonin Dvorak is 'n mooi voorbeeld. Met liefde. En die begeerte dat dit iets van God se groot liefde reflekteer. George & Matilda