Jou Dialek
Maar julle, wie sê julle is ek?"
Matt 16:15
Die Gesprek
Elemente Uit Die Gesprek
Here, gee dat ek myself sal ken sodat ek U kan ken.
Augustinus
Sonder selfkennis is daar geen kennis van God nie.
Johannes Calvyn
Suikerbekkies speel 'n groot rol in Matilda se spesifieke dialek. Sy vertel meer daarvan in hierdie blog-inskrywings:
Musiek
Die vind van jou unieke geestelike dialek en die uitleef daarvan impliseer verskeidenheid. Daar is verskillende style en uitdrukkingsvorme.
Een van die groot uitdagings wanneer ons begin uitleef wat God in ons geplaas het, is om ook ander te aanvaar en ruimte vir hulle te skep waarin hulle hulself ook kan uitdruk.
Dis nie altyd maklik nie. In baie opsigte is dit só moeilik dat ons liewer daarop sal aandring dat almal op dieselfde manier moet glo. Ons kan dinge dan meer beheer en reguleer en dit vra nie soveel van ons nie.
Dis opvallend hoe baie Jesus in sy gelykenisse van 'n feesmaal praat. En by daardie tafels is daar plek vir almal.
Liefde, soos altyd.
George en Matilda
Comments
Post a Comment