Skip to main content

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (148)


Wat Die Mistici Weet

Buite? Nee, binne



“Maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal ook die buitekant skoon wees.”

‭‭Matteus‬ ‭23‬:‭26‬ ‭AFR20‬                  ‬


“As jou oog suiwer is, is jou hele liggaam ook verlig....”

‭‭Lukas‬ ‭11‬:‭34‬ ‭AFR20‬‬                     







Die Gesprek







Elemente Uit Die Gesprek




~ ❖ ~

Die Sewende Engel

In Kringe In 'n Bos vertel Daleen Matthee die volgende storie:

Toe die aarde klaar geskape was en die mens op die aarde kom woon het, het die sewe hoofengele van die hemel vergader om oor ‘n baie ernstige saak te besluit. Hulle moes besluit waar hulle die krag van God kan wegsteek sodat die mens dit nie te gou sal kry en misbruik nie. 

Die eerste engel het voorgestel dat hulle dit op die maan moet wegsteek. Ja, op die maan, het die ander saamgestem. Maar die sewende engel sê: Nee, die mens is slim. Hy gaan eendag weet om op die maan te kom; ons moet ‘n ander plek soek. 

Op die bodem van die see, waar die see op sy diepste is, stel die tweede engel voor. Ja, sê die ander. Maar die sewende engel keer hulle weer: Die mens is slim, sê hy, op ‘n dag gaan hulle tot op die bodem van die see ook soek. 

Laat ons dit dan aan die môrester ophang, stel die derde engel voor. Maar die sewende engel het hulle weer gekeer: Eendag gaan die mens tot by die môrester soek. 

Toe vra die ander vir die sewende engel waar hy dink hulle dit moet wegsteek? Op die laaste plek waar hulle sal soek, sê hy. Binne-in hulleself!


Dan, op 'n dag, raak jy bewus van 'n verlange na meer, 'n gemis. En jy begin soek.


~ ❖ ~





Musiek

Almal, of dan ten minste die meeste van ons, probeer om lief te hê en waarheid en vryheid, vrede te vind. Al verwar die lewe ons dikwels. 

Die mistici weet nog altyd dat die binnereis nie altyd netjies en glad verloop nie. Dat ons nie moet opgee op die verlange nie, maar ook sag en geduldig moet wees. Met mekaar, maar veral met onsself.

Die weg na binne is nie 'n resies vir super-atlete nie; dis 'n reis. Waar ons soms so alleen soos 'n voël op 'n draad voel, so vals soos 'n dronk ou in 'n donker straat, so brutaal soos 'n bul wat gaffel en breek. Ons almal probeer maar net, op ons manier, om vry te wees.






Met liefde. Soos altyd.


George & Matilda





Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...